listen to Die Reine Wynheid
RSG Bekbasaar: EPISODE 4: Die Reine Wynheid se Corlea en Bertus Fourie
Slegs een oes saam, en die skoot was hoog deur. Dis die storie van die wynmakerpaartjie, Corlea en Bertus Fourie. Sy is die wynmaker vir Bosman Adama, en hy die pa van koffie Pinotage en bekend vir sy deelname aan Kokkedoor Vuur en Vlam. Ons proe Bosman Adama se wyne en gee idees vir jou feestydonthaal. En ja, hulle braai regtig elke aand.
RSG Bekbasaar: EPISODE 3: Die Reine Wynheid se droom van 'n wynplaas in Franschhoek
Hy het op ‘n wynplaas in die Boland groot geword, waar sy ma werksaam was. Die droom as jong seun om eendag ‘n wynplaas te besit, het sy lewenspad gedefinieer. Klein Goederust het wagtend uit Franschhoek geroep, en die droom is uiteindelik bewaarheid. Paul Siguqa se verhaal inspireer as entrepreneur, wynliefhebber en liefdevolle seun, wat een van sy topverkoper wyne na sy ma vernoem het.
RSG Bekbasaar: EPISODE 2: Die Reine Wynheid se Pinotage-sprokie
'n Plantjie wat in die agterplaas van professor Abraham Izak Perold gestaan het, het die pad van Suid-Afrikaanse wyn heeltemal verander, en 'n nuwe trots Suid-Afrikaanse kultivar geskep. Pinotage vier in 2025 sy 100ste bestaansjaar. Die gaste in hierdie episode is Beyers Truter van Beyerskloof en voorsitter van die Pinotage Assosiasie, De Wet Viljoen, ondervoorsitter en wynmaker by Wildekrans, voorheen Neethlingshof, Wilhelm Kritzinger, wynmaker van Bellevue, en Dirk Coetzee, wynmaker van L'Avenir.
RSG Bekbasaar: EPISODE 1: Die Reine Wynheid ontkurk!
Die Reine Wynheid vier die eerste episode met Emile Joubert, ’n wyn-, kos- en kultuurkenner, Armand Ridgard, Suid-Afrika se sommelier van die jaar, en Dalene Fourie, News24-wynskrywer. Martelize Brink gesels met hulle oor hul eerste wyn “a-ha oomblik”, Emile se wyn wat hy as kind probeer maak het met sy wetenskapstelletjie, die nommer 1 wyn wat in die restaurant, Jan in Nice, deur kliënte bestel is, en hoekom die bedryf so belangrik vir Suid-Afrika is. Ons vind ook uit wat Martelize se heel eerste wyn van die week is.
Save video to ...