listen to RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit
RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit

News

Trump kry dalk sy sin met Groenland

Die Amerikaanse president het na afloop van sy toespraak by die Wereld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland gesê n raamwerk vir ’n toekomstige ooreenkoms is met NAVO bereik oor die beheer van Groenland. Donald Trump het in Switserland aangekom vir die beraad met die voornemens om Groenland te annekseer en gedreig met hoër tarriewe teen Europese lande wat sy plan wil teenstaan. 'n Ooreenkoms blyk ver van voltooi te wees, maar luidens Trump se uitlatings oor die raamwerk sluit dit nie enige milltêre ingryping of verhoogde tarriewe in nie.   

11:36

John Steenhuisen verdedig sy Bek-en-Klouseer plan

Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, kry slae uit verskillende oorde oor sy departement se hantering van die bek-en-klouseer pandemie. Dít weens die feit dat die siekte nou ook onder varke in verskillende provinsies versprei het. Die siekte veroorsaak dat honderde diere van kant gemaak moes word, veilings en uitvoere het bykans heeltemal gestop en talle produsente is op die randjie van bankkrotskap. Ons het op Monitor breedvoerig met die minister van landbou gepraat oor die huidige uitbreking en sy benadering tot die bekamping daarvan.  

18:26

“Die Diere-Gesondheidsdepartment is flenters”, waarsku ‘n Suid-Afrikaanse megaboer.

Die Suid-Afrikaanse Varkvleis Produsente Organisasie (SAPPO) het gister aan Spektrum bevestig, dat die bek-en- klouseer pandemie nou ook oorgespoel het na dié sektor. Bevestigde gevalle is by ses kommersiële varkboerderye aangemeld. Teen gistermiddag is 29 nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig, wat die totale syfer in dié provinsie op 223 te staan bring. Dit raak veral die rooivleis produsente. Die voorsitter van die Sernick-groep en megaboer, Nick Serfontein het die situasie op Monitor in oënskou geneem en waarsku dat daar nog geen aanduidings is dat die minister van landbou, John Steenhuisen begrip het van wat gedoen moet word nie.   

08:49

Suid Afrikaners sukkel almal maar ons politici kry n deftige verhoging. 

President Cyril Ramaphosa het 'n salarisverhoging van drie-komma-agt persent aan ministers en parlementslede goedgekeur. Hoewel hierdie verhoging laer is as die aanbeveling van die kommissie vir die vergoeding van openbare ampsdraers, beteken dit dat top-politici se jaarlikse inkomste met meer as 100-duisend rand sal styg. 'n Ere-professor by die WITS besigheids-skool en ekonoom van Altitude Wealth, Jannie Rossouw het aan Monitor verduidelik hoekom die verhoging op hierdie tydstip toon-doof is.   

04:50

Politieke bestendigheid sal ons krane oop hou. 

Dis die mening van Professor Riegard Meissner van Unisa se departement politieke wetenskap. Hy spesialiseer in die politiek van waterbestuur en glo daar is genoeg geld om water krisisse af te weer en in ander plekke om te keer. Hy glo wel dat politieke onbestendigheid, veral op plaaslike regeringsvlak, lei tot krane wat droog loop en veroorsaak dat goeie planne deur die mat val. Hy het op Monitor hieroor gepraat.     

08:56

Bek en klouseer nou ook in varke

 Die Suid-Afrikaanse Vark-vleis produsente organisasie ,SAPPO, het bevestig dat die bek en klouseer pandemie nou ook oorgespoel het na die sektor toe. Dr. Thandi Chiappero van SAPPO sê dit is reeds in verskeie provinsies bespeur  

01:48

Wat voer Donald Trump eintlik in die mou met sy voornemens oor Groenland?

Spanning tussen Amerika en Europa neem toe weens die VSA se planne om Groenland te annekseer. Europese leiers het in Brussel, België, vergader oor die Amerikaanse president Donald Trump se beoogde straftariewe teen lande wat dié plan wil teenstaan. Maar hoekom is Trump so doelgerig om die eiland te bekom? Ons het op Monitor daaroor gepraat met professor Anthoni van Nieuwkerk van die Thabo Mbeki Afrika Skool vir Internasionale Aangeleenthede aan Wits Universiteit.  

11:30

Onwettige sigarette: ’n nasionale ramp sonder ingryping

Die tabakbedryf is besig om die moontlike impak te bepaal van British American Tobacco SA se besluit om sigaretproduksie in Suid-Afrika teen die einde van die jaar te staak. Die besluit is geneem weens die impak van die groei in die verkoop van onwettige sigarette en die gepaardgaande verlies aan markaandeel. Volgens skattings beslaan onwettige sigarette sowat 75 persent van alle sigaretverkope in die land. Op Spektrum is die situasie deur ’n direkteur by Limpopo Tabakprosesseerders, François van der Merwe, as ’n nasionale ramp beskryf.

16:39

’n Gru-ongeluk wat 14 skoliere se lewens eis, plaas weer die kollig op wetteloosheid op ons paaie

Skok en ongeloof heers in die gemeenskap van die Vaal-gebied ná gister se ’n gru-ongeluk. Die Gautengse polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag na die botsing in Vanderbijlpark wat die lewens van 14 leerders geeis het en vier ander beseer het.  Die minibus-taxi wat leerlinge vervoer het, het op die R553 met ’n vragmotor gebots. Die slagoffers was leerlinge van vyf verskillende skole in die Vaal-gebied. Advokaat Johan Jonck, stigter van die Arrive Alive-webwerf, het op Monitor gepraat oor Suid-Afrika se swak padgebruikersgewoontes en hoe dit steeds lewens eis.

07:11

Moenie Miljadêrs blameer vir ongelykheid nie.

So het die hoof-ekonoom van die Efficient Group, Dawie Roodt, aan Spektrum gesê. Volgens die jongste Oxfam-ongelykheidsverslag neem wêreldwye ongelykheid nie net toe nie, maar word dit doelbewus deur die super-rykes in stand gehou. Die verslag, getiteld Resisting the Rule of the Rich, is pas by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bekendgestel. Oxfam bevind dat miljardêrs hul rykdom gebruik om politiek, media en selfs regstelsels te beïnvloed en dit alles om hulle eie belange te beskerm en basiese demokratiese regte te ondermyn.

10:08

Het die vloot ons president geïgnoreer?

Iran se deelname aan verlede week se BRICS-vlootoefening bly in die nuus. In die jongste verwikkeling het die minister van verdediging, Angie Motshekga aangekondig, dat 'n Raad van Ondersoek ingestel is om te bepaal of President Cyril Ramaphosa se opdrag, dat Iran nie mag deelneem nie, met opset geïgnoreer is, en of daar dalk 'n wanvoorstelling van die opdrag was. Volgens mediaberigte word die skuld vir Iran se voortgesette deelname nou op die hoof van die vloot, vise-admiraal Monde Lobese, gepak. Ons het op Monitor antwoorde gaan soek by Emeritus professor Francois Vrey van die Universiteit Stellenbosch, 'n kenner van maritieme veiligheid.    

06:55

Aarto dalk die teenvoeter vir wetteloosheid

Alhoewel daar 'n vyf persent afname in padsterftes was vergeleke met dieselfde tydperk die vorige jaar, sê Minister Barbara Creecy dis steeds onaanvaarbaar dat 1 427 padsterftes aangemeld is, van 1 172 botsings. Syfers oor die omkopery van wetstoepassingsbeamptes, dronkbestuur en spoedoortredings gedurende hierdie tydperk bevestig dat wetteloosheid 'n groot probleem bly op ons land se paaie.Volgens Minister Creecy is 450 000 boetes vir verkeersoortredings uitgereik, 525 jaagduiwels is in hegtenis geneem, en 8 561 bestuurders se alkoholvlakke was meer as die toegelate limiet. Een bestuurder het 14 maal bo die limiet getoets. Die bestuurende direkteur van driving.co.za, Rob Hanfield Jones, sê ‘n strafpunt-stelsel soos AARTO, wat hier in Suid Afrika in werking gaan tree, werk elders in die wereld om gedrag op die paaie te verbeter.   

05:59

Steenhuisen se ingryping in bek-en-klouseer, dalk te min en te laat 

Die minister van landbou, John Steenhuisen, gaan die kabinet vra om die uitbreking van bek-en-klouseer tot 'n nasionale ramp te verklaar. Steenhuisen het gister 'n plan aangekondig om die siekte in die volgende tien jaar uit te roei, wat 'n massa-inentingsprogram insluit. Dié hoogs aansteeklike virussiekte het sedert April verlede jaar, na agt provinsies versprei. Vir reaksie hierop het ons op Monitor met die voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie, Frik van Rooyen gepraat.

06:38

Knysna moet in die toekoms seewater-ontsouting oorweeg

Die uurglas loop leeg vir die owerheid om 'n dringende oplossing te vind vir die waterkrisis in Knysna in die Suid-Kaap. Die dorp het sowat agt dae se watervoorraad oor in sy hoofdam, die Akkerkloof-dam. Die provinsiale regering oorweeg dit om dié situasie tot 'n provinsiale ramp te verklaar om sodoende noodfondse en hulpbronne te bekom. Vir haar insig oor die kusdorp se waterkrisis, het ons op Monitor met  'n waterkundige van UNISA, Professor Anja du Plessis gepraat.   

06:25

Moet Nhlanhla Mkhwanazi 'n heraanstelling kry? 

Daar is nog geen aanduiding of die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi se kontrak hernu gaan word nie, aldan nie. Die Premier, Thami Ntuli, steun intussen Mkhwhanazi se aanstelling vir 'n tweede termyn. Mkhwanazi se kontrak eindig op 30 Maart vanjaar. Die voormalige Wes-Kaapse polisie-kommissaris en polisiekenner, Dr. Lennit Max het op Monitor sy mening gegee oor die vraag van heraanstelling. 

06:29

Moet die RNE meer vergader - deel 2

Soos ons gister berig het, tydens 'n spesiale vergadering van die Regering van Nasionale Eenheid in Oktober verleder jaar, is daar besluit dat die RNE elke maand van daar af sou ontmoet. Die aanvangklike vergadering is byeengeroep deur die president, nadat verskeie lede van die RNE gekla het dat die liggaam nooit vergader nie, en dit lei daartoe dat kritiese besluite oor belangrike kwessies nie geneem kan word nie. Sedert die Oktober vergadering is die besluit om elke maand te vergader toe ook herroep, en daar is besluit om gereeld te ontmoet. Dit het egter nie gebeur nie. Ons het gister met die leier van die VF Plus, dr Corne Mulder hieroor gepraat,  - ons het ook reaksie van ander party gekry hier is wat hulle te sê gehad het.

17:30

Paul O' Sullivan moet Pa staan voor die Ad-hoc Kommittee

Dis die mening van Ian Cameron, ‘n lid van die Parlement se Ad-hoc komitee wat bewerings van polisie-korrupsie ondersoek. Die omstrede veiligheidskonsultant, Paul O’Sullivan, wat al dikwels hoof-opskrifte gehaal het, se naam verskyn op die lys van finale getuies wat vanaf Woensdag voor die komitee moet verskyn. O'Sullivan het intussen aansoek gedoen om vanuit Brittanje te getuig, omdat hy glo vir sy lewe vrees. 

07:23

Alles wat jy moet weet oor die "Beste MatriekKlas" ooit

Die matriekklas van 2025 het 'n algehele slaagsyfer van 88 persent behaal. Dis die hoogste slaagsyfer ooit in die geskiedenis van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. In 2024 was die slaagsyfer 87-komma-drie persent. Ons het op Monitor met die onafhanklike eksamenraad gepraat oor die sukses wat daar behaal is. Ons praat ook met twee van die land se slimkoppe oor hulle planne vir 2025 en besin met ’n ontleder oor die groeiende vraag na plasing in tersiêre instellings wat oor al hoe minder plek het vir matrikulante wat met universiteitsvrystellings geslaag het.  

19:44

Spaza winkels dryf ongestoord handel...

Meer as 'n jaar na ses kinders van Soweto dood is nadat hulle lekkergoed geëet het wat gekoop is by 'n spaza-winkel, het nie veel verander nie. Die regering - by monde van die president - het drastiese ingrypings aangekondig vir die spaza-winkels en 'n groot veldtog is begin om die eienaars en winkels te registreer sodat daar beter beheer oor die produkte wat hulle verkoop uitgeoefen kon word. In die ondersoek na die gebeure wat gelei het tot die sterftes van die kinders, is gevind dat voedsel in onhigiëniese en selfs gevaarlike toestande geberg en verpak word in die informele handelaars se winkels. Tussen Septemebr en November 2024 is meer as 900 voorvalle van voedselvergitiging deur voedsel wat by die winkels gekoop is aangemeld. Ons praat nou met 'n Senior dosent in die Omgewingsgesondheids Program in die Fakulteit Toegepaste Wetenskappe by Kaapse Skiereiland Universiteit van Technologie Dr Mike Agenbag. 

05:01

Hoekom vergader die RNE nie?

Tydens 'n spesiale vergadering van die Regering van Nasionale eenheid in Oktober verleder jaar is daar besluit dat die RNE elke maand van daar af sou ontmoet. Die aanvangklike vergadering is byeengeroep deur die president, nadat verskeie lede van die RNE gekla het dat die liggaam nooit vergader nie en dit lei daartoe dat kritiese besluite oor belangrike kwessies nie geneem kan word nie. Sedert die Oktober vergadering is die besluit om elke maand te vergader toe ook herroep, en daar is besluit om gereeld te ontmoet. Dit het egter nie gebeur nie. Ons praat nou met die leier van die VF Plus dr.Corne Mulder

05:32
Close

Save video to ...