listen to RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit
RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit

News

“Ouers moet meer betrokke wees by kinders se sosiale media gewoontes, voor die regering dit doen"

Die amptelike verbod op die gebruik van sekere sosiale media platforms in Australië vir kinders onder sestien, het gister in werking getree. Die verbod geld vir platforms soos Tiktok, You tube, Facebook en Instagram. Die groot tegnologiemaatskappye is opdrag gegee om miljoene kinders onder die ouderdom van 16 jaar se rekeninge te deaktiveer, of hulle kan 'n boete van tot 50 miljoen Australiese dollar opgelê word, en dit is meer as R500-miljoen. Die maatskappye en mense wat voorstaanders is van vryheid van spraak, het beswaar aangeteken. Ouers en kampvegters vir kinderregte verwelkom egter die stap. Op Monitor het ons ‘n paneelgesprek daaroor gevoer met  Juané van der Merwe-Mocke van Fedsas, en die politieke wetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch, Kira Alberts.

13:05

Skok-wending in die moord op Getuie D

In 'n verrassende wending in die Marius van der Merwe-fluitjieblaas-saak, eis die familie van die vermoorde man, waaroor Van der Merwe getuig het, nou geregtigheid. Die familie van die 52-jarige Emmanuel Mbense moes ontstellende besonderhede oor sy dood tydens getuienis voor die Madlanga-kommissie aanhoor. Luidens getuienis deur Marius van der Merwe, ook bekend as Getuie D, is Mbense, 'n pa van vyf, na bewering deur wetstoepassers en privaat veiligheidspersoneel gemartel en vermoor voordat sy liggaam in 'n dam gegooi is. Die familie het hulle nou na AfriForum se privaatvervolgingseenheid gewend. Die woordvoerder Barry Bateman het op Monitor meer lig gewerp.   

05:46

Dane Van Niekerk se Wereld Beker Droom.

Vir die  vroue Protea speler Dane Van Nierkerk is hierdie somer een waarin sy weer haar merkie wil maak. Die Voormalige Kaptein was vir meer as twee jaar heeltemal verlore aan die krieket wereld na die afsterwe van haar pa. Sy het met haar terugkeur teen Ierland beindruk met beurte waar haar tref tempo oor die 200 was, in n span wat die soort kookwater krieket nodig het. Die Wereld Beker vind  volgende Junie in Engeland plaas en na 'n loopbaan wat in 2009 begin het, is 'n sege in die toernooi die groot droom wat nog verwesenlik moet word. Sy het aan Monitor verduidelik hoe moeilik dit was om weer terug te wees in die groen trui. 

08:22

Kannaland kniediep in die skuld 

Die Kannaland Munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van 'n finansiële en operasionele ineenstorting. Stygende skuld, verouderde infrastruktuur en onbetroubare dienste vererger dié krisis. Volgens die Wes-Kaapse regering het die munisipaliteit se uitstaande skuld aan alle krediteure meer as 100 miljoen rand teen einde September beloop. Ons het op Monitor met die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, Anton Bredell, gepraat. 

04:46

Die Soektog begin vir n nuwe Vervolgingsbaas 

Onderhoude vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, word Woensdag en Donderdag met kandidate op die kortlys, in Pretoria gevoer. 'n Raadgewende paneel sal sy aanbeveling vir die volgende NVG-hoof aan die president stuur. Advokaat Shamila Batohi tree vroeg volgende jaar uit dié amp. Hoëprofiel kandidate vir die pos sluit in Advokate Hermione Cronje, Andrea Johnson en Menzi Simelane. Monitor het met 'n Regskenner wat spesialiseer in grondwetlike litigasie, Advokaat Anna-Marie de Vos gepraat. 

05:36

KI maatskapye in die spervuur na 2 tiener selfmoord gevalle na die gebruik van Kletsbotte.

Die gebruik van kunsmatige intelligensie deur tieners het onlangs in Amerika in die kollig gekom nadat 'n tiener, Adam Raine, ChatGPT as 'n selfmoord-afrigter gebruik het. Die maatskappy, OpenAI het egter in reaksie hierop gesê dat hulle nie aanspreeklik is vir sy dood nie en bygevoel dat die seun die kletsbot misbruik het. Die regsgeding het gelei tot wye kommer oor die potensiële geestesgesondheids-skade wat kletsbotte kan inhou. In 'n ander saak het die maatskappy CharacterAI onlangs 'n ouderdomsbeperking van 18 op hulle kletsbotte geplaas na 'n tiener, die 14-jarige Sewell Setzer III, selfmoord gepleeg het nadat hy na bewering 'n emosionele verbintenis met 'n karakter ontwikkel het wat hy op CharacterAI geskep het. Ons het op Monitor met Professor Bruce Watson hieroor gepraat.      

06:05

Die Polisie is op die spoor van Marius Van de Merwe se moordenaars. 

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat die polisie een van die twee voertuie gevind het, wat vermoedelik gebruik is in die sluipmoord op Marius Van Der Merwe. Hy het as Getuie D voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig. Masemola het bekendgemaak dat die bakkie verlate in Alexandra in Johannesburg gevind is en dat die polisie steeds na die ander motor soek. Hy het bygevoeg dat forensiese deskundiges die bakkie ondersoek. Drie persone van belang is geïdentifiseer en een is ondervra. Ons het op Monitor gevra hoe die Nasionale Vervolgingsgesag 'n saak moet bou teen al die skuldiges en ook kommentaar gekry oor wat nuwe wetgewing, om fluitjieblasers te beskerm, behels en hoekom dit nog nie deurgevoer is nie. 

12:27

Slegs 27 persent van Suid-Afrika se soldate is fiks genoeg om ontplooi te word

Op Monitor het ons met die onafhanklike militêre kenner Kobus Marais gepraat om uit te vind wat doen die res van die Weermaglede wat ongeskik of onfiks is vir ontplooiing. Tydens 'n onlangse vergadering van die Weermag se oudit-komitee het dit aan die lig gekom dat dieselfde soldate oor en oor ontplooi word.     

07:57

“Die regering praat net oor die beskerming van fluitjiebalers, maar doen niks”.  

Die beskerming van fluitjieblasers is opnuut onder die vergrootglas, na die dood van Marius van der Merwe, oftewel Getuie-D wat voor die Madlanga-kommissie van Ondersoek getuig het. Ons het op Monitor met die bestuurshoof van die organisasie, The Whistleblower House, Dr Ben Theron gepraat oor wat die moord vir ander getuies beteken. Hy verduidelik ook hoe die moord op die fluitjieblaser Babita Deokoran wysigings aan beskermingswetgewing noodsaak. Terwyl die regering beloftes van aksie hieroor gemaak het, het hulle net mooi niks gedoen nie.   

08:05

Die wiele aan die rol vir twee nuwe Kernkragaanlegte in Suid Afrika.

Eskom het 'n omgewingsimpakstudie gelas vir die beplande oprigting van 'n derde kernkragsentrale. Dié kragstasie sal of by Thyspunt aan die Ooskus van die Oos-Kaap opgerig word, of by Bantamsklip in die Wes-Kaap. Die kragvoorsiener het reeds vier maande gelede, die finale omgewingsgoedkeuring ontvang om die tweede kernkragsentrale op Duynefontein op te rig, wat naby Koeberg geleë is. Ons het op Monitor met die joernalis Antoinette Slabbert daaroor gepraat. 

08:30

'n Krisis met skoolplasings en die LUR se dis jou skuld as ouer.

Ouers van meer as elf-duisend voornemende graad een en agt leerlinge het nog nie aanbiedinge vir plasing in Gautengse skole aanvaar nie. Die provinsiale LUR vir onderwys, Matome Chiloane, sê meer as 400-duisend aansoeke is vir die 2026 skooljaar ontvang, waarvan meer 40-duisend leerlinge nog in 'n skool geplaas moet word. Hy moedig ouers aan om die plasings teen volgende Vrydag, te aanvaar. Hy se verder die probleem is deels ouers se skuld. Die Hoof van Onderwysprojekte by Afriforum, Carien Bloem het aan Monitor verduidelik hoe diep die krisis is en of ouers wel verandwoordelikheid dra daarvoor

05:59

'n Tweede verdagte vasgetrek na Baltimore Plaasmoord.

'n 28-jarige man het gister in verband met Saterdag se plaasmoord in die Baltimore-omgewing in Limpopo in die hof verskyn. Die tweede verdagte in die saak is vroeg Donderdag oggend vasgetrek. 'n Boer, die 77-jarige Attie Mahne is tydens die voorval vermoor. Die verdagte, Hendrik Chimole, is na 'n intensiewe ondersoek Dinsdag deur lede van die Provinsiale Moord- en Roofeenheid, speurders van Tolwe, en die Bosveldmisdaadondersoeke en Bosveldplaasbeveiliging sekuriteitsmaatskappye in hegtenis geneem. Ons het op Monitor gepraat met 'n voormalige polisiespeurder, Sakkie Louwrens, van Bosveldmisdaadondersoeke.

04:18

Freek Burger: 'n Ses-week skorsing sal gepas wees vir Etsebeth

Die voormalige internasionale skeidsregter, Freek Burger het vanoggend op Monitor sy gevoel uitgespreek oor wat die Bok-slot Eben Etsebeth se straf moet wees na Saterdag se rooikaart teen Wallis. Hy het Dinsdagaand voor n wereldrugby tugkommittee verskyn nadat hy sy vinger in die oog van die Walliese flank, Alex Mann gedruk het. Die oortreding kan n maksimum skorsing van 4 jaar dra indien dit doelbewus en roekeloos was. Burger voel wel dat daar versagtende omstandighede is en hy is ook ’n bietjie keelvol oor hoe die Bokke deur die media uitgesonder word in hulle ontleding van ons spelers se dissiplinêre kwessies.   

05:23

“Rampaphosa is hier om te bly”, sê ‘n ANC minister. 

Die ANC het in 'n verklaring hewig te velde getrek teen 'n berig in Sunday World, wat 'n beweer dat daar ’n verdeelde leierskap binne die party is, met komplotte om die president te verwyder. Die ANC het die artikel ten sterkste verwerp, wat die party as ongegrond en sensasionalisties beskou. Alvin Bothes , lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en ANC NUK-lid en kabinetslid, het op Monitor oor die komende vergadering van die Nasionale Algemene Raad van die ANC gepraat. Ons het ook ‘n ontleding van professor Piet Croucamp gekry oor wat ons volgende week te wagte kan wees.

17:03

Pres. Ramaphosa se toespraak Sondagaand het min beïndruk...

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê president Cyril Ramaphosa en ander ANC-leiers se roekelose optrede en beleidsrigtings is direk verantwoordelik vir Suid-Afrika se verswakkende verhouding met die VSA. Volgens AfriForum het Ramaphosa tydens sy toespraak gisteraand gepoog om die verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van sy eie optrede te ontduik deur die diplomatieke krisis met die VSA valslik voor te hou, as die gevolg van sogenaamde waninligting wat versprei word deur groeperings in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die president moet eerder voor sy eie deur vee voor hy ongegronde beskuldigings maak. 

07:52

Hoe bou 'n mens Samehorigheid in 'n land met 12 amptelike tale?

Soos die land die toekoms in beweeg is daar al hoe meer 'n gevoel van Suid-Afrikaans-wees wat bo ons onderskeie demografieë uitstyg. So is ons byvoorbeeld nou in staat om almal saam die Springbokke en ander sportspanne se ongelooflike prestasies te vier en so was ons ook in staat om in Augustus 'n nasionale dialoog bekend te stel om kwelpunte in ons samelewing te probeer uitstryk. Maar daar is een groot struikelblok: ons praat nie almal dieselfde taal nie, en kommunikasie is soms moeilik. Dit is een van die redes hoekom iPendoring se jaarlikse Inheemse Taal Imbizo, gehou word, om maniere te vind hoe ons oor die brue kan afbreek. Ons het op Monitor met Eben Keun, die bestuurder van iPendoring gepraat. 

13:22

Hou ten minste op om "Kill the Boer" te sing, vra Baltimore boere na gru-moord. 

‘n Egpaar van Baltimore in Limpopo is die afgelope naweek op hulle plaas deur twee mans in klapmusse aangeval. Die 77-jarige At Mahne is dood, en sy 74-jarige vrou Pietro is beseer. Besonderhede oor die aanval is nog nie bekend nie, maar na bewering is Pietro Saterdagmiddag omstreeks vier-uur oorval en vasgebind, terwyl At na sy beeste gaan kyk het.  At is wreed aangerand na hy by die huis aangekom het, en het tydens die aanval, of kort daarna, gesterf. Henk Malan, ‘n lid van die  Baltimore Boerevereniging en ook ‘n boer in die omgewing, vra dat die regering, as ‘n begin, 'n einde bring aan die sing van die anti-Apartheidstryd liedjie, "Kill the Boer".  

04:38

Waninligting en Demokrasie: 'n bitter tweestryd

Watter rol speel waninligting in ons Demokrasie? Nie net hier in Suid Afrika nie maar ook wereldwyd. Dit was die tema by die onlangse Globale ondersoekende Joernalistiek konferensie wat in Maleisië gehou is. Van Suid Afrika se voorste ondersoekende joernaliste het ook hierdie konferensie bygewoon Die skrywer, en assistent redakteur vir ondersoekende joernalistiek by news24 Pieter Du Toit was ook daar. Ons het op Monitor met hom en Professor Piet Croucamp gepraat oor die impak wat hulle hiervan sien in Suid Afrika.

13:15

LUISTER, voor jy die Swart Vrydag-strate invaar

Vir miljoene Suid-Afrikaners het Swart Vrydag uiteindelik aangebreek en vir miljoene meer beteken Swart Vrydag net mooi niks, want hulle het nie geld nie. Dis 'n warrelwind van aanbiedinge, groot afslae, en die sielkundige druk om te koop. Dawie Roodt, die Hoof Ekonoom van die Efficient Groep, deel op Monitor sy wenke om die dag en naweek te oorleef.   

05:29

Afleggings gaan lei tot 'n droewige kersfees.

Solidariteit voorspel 'n droewige Kersfees vanweë die aantal afleggings wat hy te wagte is. Dit sluit Artikel 189-afleggings in. Dít kom nadat die vakbond 'n geskil met die regering by NEDLAC verklaar het oor die vlaag van afleggings wat in aantog is, en wat hulle die gebrek aan politieke wil noem, om die situasie te stuit. Dié week was daar bemiddeling met die regering en werkgewers oor werksverliese by NEDLAC. Monitor het met die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis hieroor gepraat. 

06:28
Close

Save video to ...