listen to RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit
RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit

News

RSG Naweekaktueel 22 Augustus 2026

Bendeverwante misdaad onder die soeklig: wat is die oplossing - ons praat met 'n voormalige bendeleier en die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie; raadslede in Knysna skuil in plekke van veiligheid ná die moord op drie ANC-lede; huldeblyke stroom in ná die skietdood van die bokslegende, Zolani Tete; em doe eerste van drie titatiese kragmetings tussen die Springbokke ne die All Blacks.

48:44

Bendeverwante misdaad onder die soeklig: Wat is die oplossing?

Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie sê die kommer wat deur gemeenskappe dié week tydens sy bendegeweld-beraad geopper is, moet nou in optrede  omskep word. Meer as 150 mense, insluitend slagoffers, gemeenskaps-verteenwoordigers, burgerlike samelewings-organisasies, polisiëringskundiges en regeringsamptenare, het aan die beraad deelgeneem. Parlementslede sê hulle het die kommer oor polisiëring, dwelms, onwettige vuurwapens, polisiekorrupsie en onvoldoende ondersteuning vir gemeenskappe gehoor, en moet nou regoor die regering saamwerk om dit aan te pak. Esté de Klerk praat op Naweek Akteel met 'n voormalige bendeleier, Welcome Witbooi, en met Ian Cameron, die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie. 

14:23

FW De Klerk Stigting: "Ekslusiewe Afrikaanse Universiteite sal lei to uitsluiting

Solidariteit se Akademia Universiteit, wat in die Wes-Kaap en Gauteng sonder enige bystand van die regering gebou word, het die afgelope tyd tot groot debat gelei. Akademia het ook reeds 'n kampus in Centurion, Gauteng. 'n Voormalige minister van onderwys, Naledi Pandor en die onderwyskenner Professor Jonathan Jansen, is van die mense wat hulle teen die ontwikkeling van dié uitsluitlik Afrikaanse universiteite uitgespreek het. Die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, het aan Monitor verduidelik hoe die strewe na moedertaalonderrig nooit tot die uitsluiting van enige deel van 'n taalgemeenskap moet lei nie. 

08:27

Die Transformasiefonds kan dalk lei tot die einde van Swart Ekonomiese Bemagtiging

So sê die ekonoom, Dawie Roodt. Die regering is besig om regulasies te formuleer rondom ‘n nuwe 100-miljard rand fonds wat maatskapye sal noop om by te dra tot ‘n fonds wat gebruik sal word om agtergeblewe sake-ondernemings te ondersteun. Roodt het vanoggend saam met die sakeleier, Cas Coovadia op Monitor gepraat oor die regering se nuwe verhouding met die sakesektor en die program van venootskappe wat nou sy derde fase betree. Die kwessie oor watter rol Swart Ekonomiese Bemagting onder hierdie program sal speel, was een van die groot fokuspunte.   

10:23

Jy moet betaal om vinnig reg te kom by die Meesterskantoor

Die voortslepende wanbestuur en agterstande in die afhandel van boedels en trusts by die Meesterskantoor in Johannesburg het ontaard in 'n administratiewe nagmerrie. Prokureurs sê kliënte se lêers lê tot teen die plafon opgestapel, aanlynstelsels stort voortdurend ineen, terwyl kritieke leierskapsposte vakant bly. Tiaan Joubert is die voormalige voorsitter van die Gauteng Prokureurs Vereniging en het aan Monitor verduidelik wat die impak van hierdie gebreke is, maar ook vertel hoe jy vinnig reg kan kom indien jy bereid is om hand in die sak te steek.   

04:17

VF+: "Hou op geld mors op naamsveranderinge"

Die Oos-Kaapse Geografiese Name-komitee gaan voort met 'n proses om onder meer Lady Grey na Inkosi Makhobeni, Sterkspruit na Inkosi Mpangazi , en Herschel na Inkosi Lihlongo te verander. In reaksie hierop sê die Vryheidsfront Plus hy verwerp onnodige, duur en polities-gedrewe naamsveranderinge wat gemeenskappe verdeel en geld in die water gooi. Die party se leier in die Oos-Kaaps Piet Mey het daroor uitgebrei op Monitor.

05:40

Owerhede steeds bekommerd oor die misbruik van GLP-1 medikasie.

Ons het gister berig dat die Suid-Afrikaanse gesondheidsreguleerder mense waarsku teen 'n toename in die verkoop van onwettige gewigsverlies medikasie.  Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid, oftewel SAHPRA, sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en skoonheidswinkels beskikbaar. 'n Endokrinoloog en buitengewone professor aan die Universiteit van Pretoria, Professor Tess van der Merwe, sê dit is vir haar duidelik dat daar wel optrede deur die owerhede is om die gebruik van die produkte te stop... 

07:34

LUISTER: Indien jou kind sosiale media speletjies speel

'n Sestienjarige seun van Malmesbury in die Wes-Kaap, word deur 11 verskillende aanklagte in die gesig gestaar, na sy inhegtenisneming in verband met die beweerde bedrywighede van 'n wêreldwye aanlyn-netwerk wat kinders seksueel uitbuit. Die minderjarige het gister in die landdroshof in Malmesbury verskyn. Die aanklagte teen hom sluit onder meer in: seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding, die seksuele uitbuiting van minderjariges, die blootstelling van 'n minderjarige aan pornografie, die onwettige besit en verspreiding van kinderpornografie, en 'n verdere aanklag van wreedheid teenoor 'n dier. Luitenant Kolonel Amanda Van Wyk van die polisie verduidelik hoe jou kind dalk betrek kan word by die wereldwye aanlyn-netwerk wat bekendstaan as 764.   

09:40

Dus hoe die regering se 'goedkoper kragplan' sal werk

Die minister van elektrisiteit en energie, Dr. Kgosientsho Ramokgopa, beplan om die prys van krag goedkoper vir verbruikers en sakeondernemings te maak. Hy stel onder meer voor dat die maandlikse toekenning van basiese elektrisiteit aan lae-inkomste huishoudings tot minstens 200 kilowatt-uur verhoog moet word en dat die energie-reguleerder, NERSA verplig moet word om 'n 10-jaar kragprys-skatting te publiseer. Ramokgopa het pas die Hersiene Elektrisiteitsprysbeleid bekendgestel. Hoe sal dit jou raak en is alles haallbaar, is vrae wat ons aan die energiekenner Corneels Schabbort op Monitor gestel het.   

07:12

Boere wat rug draai op bek- en klouseer- inentings, aan die toeneem. 

Dit het aan die lig gekom tydens ‘n gesprek met die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken. Hy het op Monitor verduidelik hoekom daar ‘n toename in bek-en-klouseer gevalle gesien word in die provinsie ondanks meer as 1-komma-4 miljoen beeste wat ingeent is en ten spyte van die vermoë van die privaatsektor om self inententings in te voer.   

06:53

Stadige NSFAS-uitbetalings hou 'n groot bedreiging in vir openbare universiteite. 

Universiteite in Suid-Afrika sit met 'n groeiende finansiële krisis, met openbare universiteite wat wag op sowat 10-komma-5 miljard rand se uitstaande NSFAS-betalings. Boonop wag duisende studente ook op klarigheid oor hulle betalings. Die studente hulpskema, NSFAS het 'n  begroting van 54-komma-3 miljard rand en moet nog meer as 10 000 studente se uitbetalings verifieer. Ons het met die Hoër Onderwyskenner, professor Linda Meyer, hieroor gepraat.    

12:17

Urineer in die openbaar - JHB Metro Polisie steek 'n daarvoor

Die Johannesburg Metro polisie sê hy gaan mense en veral mans, wat orals in die openbaar urineer vasvat. Die metro polisie voer aan dat dit 'n on- higiëniese gemors is en dat dit infrastruktuur beskadig. Een van die maniere waarop jy gestraf kan word as jy betrap word is dat jy gedwing kan word om die gemors self af te was. Ons praat nou met die woordvoerder van die metro polisie Xolani Fihla en die Hoof van Strategiese Kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge, Herman Pretorius oor die tendens...

11:12

Motoriste moet asseblief nie paddas dood ry op die paaie in die Wes-Kaap nie

Dit is weer paar tyd vir die Westerse- Luiperd -padda in die Wes-Kaap. Die hoogs bedreigde spesie migreer in die tydperk na plekke met water sodat hulle kan voortplant. Dit beteken noodwendig dat hulle oor besige paaie moet beweeg. Dit is om die rede dat die organisasie wat hulself bemoei met die bewaring van die paddas, die " Western Leopard Toad organisation" vra dat mense nie die paddas moet raak ry nie.  Dagny Warmerdam is een van die bewaringsbeamptes by die organisasie sê die spesie is baie vir die omgewing... 

04:20

BRANDPUNT 13 AUGUSTUS

In die Program: Die Durbanse sleepwa-operateur Bevan Loftus, se pa beweer sy seun is deur die polisie tereggestel. Bykomende gespesialiseerde spanne is na Noordwes ontplooi, waar reddings- en ondersoekoperasies by 'n ongebruikte myn voortduur en die tweelingsussies Sabine en Annick Desmarais maak geskiedenis op die rugbyveld in Bloemfontein. 

15:45

BRANDPUNT 11 AUGUSTUS

In die Program: Veertien vermeende onwettige mynwerkers is by Nkaneng in Noordwes dood in 'n rotsstorting, werkloosheid in Suid-Afrika neem toe in die tweede kwartaal van die jaar en wenke vir hoe jy die bibberweer kan troseer

14:39

Dis hoe jy veilig bestuur in die sneeu

Met sneeu net waar jy kyk op Suid-Afrika se hoogste bergpasse, hou die wit bedekking ‘n ernstige bedreiging in vir Suid-Afrikaanse padgebruikers wat glad nie daaraan gewoond is nie. Ons het by die stigter van Arrive Alive, Johann Jonk, gaan uitvind hoe om veilig te bly in hierdie buitengewone weersomstandighede.       

07:21

Tronkstraf gepas vir Malema, sê Afriforum 

Die burgerregtegroep Afriforum se privaat vervolgingseenheid verwelkom die besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag om die EFF-leier Julius Malema strafregtelik weens crimen iniuria te vervolg. Dít volg ná Malema se bewerings oor 'n Oos-Kaapse skoolhoof, Jaco Pieterse, wat hy van die verkragting van 'n minderjarige beskuldig het. Die hoof van Afriforum se privaat vervolgingseenheid, Gerrie Nel verduidelik ook dat die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula in sy visier bly vir moontlike privaat vervolging oor dieselfde aangeleentheid. 

10:43

Ouers moet kinders help om druk van sosiale media te bestuur

Die sangeres Ariana Grande het onlangs aangekondig dat sy uit die kollig gaan tree. Dit na 'n suksesvolle musiek toer. Grande voer aan dat alhoewel sy weet dat sy in die kollig is en blootgestel is aan mense se kritiek, sy vir haar eie emosionele gesondheid nou gaan wegstap van die konstante aandag - veral weens die kommentaar oor haar lyf. Dit is nie die eerste bekende wat weens emosionele druk die besluit geneem het nie. Ons praat nou met  die hoof van Gesondheidsleierskap by Stellenbosch se Sakeskool, Prof Renata Schoeman. 

07:07

Afleggings in die mediabredryf is 'n reuse knou vir joernalistiek 

Die Joernalistiekbedryf is 'n groot slag toegedien met afleggingsprosesse, wat by verskeie van die land se grootste onafhanklike media organisasies begin is. Media24 het laat verlede week 'n kennisgewing uitgereik oor 'n herstruktureringsproses, wat 126 poste kan besnoei by publikasies soos Huisgenoot, Sarie, Netwerk 24, News24 en Weg. Die onafhanklike uitsaaier, ENCA ook bekend gemaak dat hy moontlik die helfte van sy werknemers sal moet aflê. Daar word tans vergaderings met 171 werknemers gehou om die moontlike besnoeiing van hulle poste te bespreek. Alle kontrakte met vryskutpersoneel sal ook nie hernu word nie. Ons het met die vakbond, Solidariteit gepraat oor die ontvouende proses by Media24 en ook gaan kers optsteek by ‘n mediakenner oor wat die uiteindelike impak op joernalistiek sal wees.  

11:40

Hoe sal die hof oor grond-onteiening besluit?

'n Volbank regters van die Hooggeregshof in Kaapstad het die taak om te beslis, of die Onteieningswet grondwetlik is óf tersyde gestel moet word. Die DA, Afriforum, die Instituut vir Rasseverhoudinge en die Vaderland-stigting is gekant teen sekere elemente van die wet, en die regering moes gister bontstaan om dit te verdedig. Met ons voortdurende oog op die storie, het ons vanoggend gekyk na die regsargumente van die Instituut vir Rasseverhouding en Afriforum en bespiegiel oor hoe die hof daaroor sal beslis.   

14:09
Close

Save video to ...