Spektrum

News

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum 25 Maart 2025

Die ANC se voormalige woordvoerder, Pule Mabe, verskyn in die hof op aanklagte van bedrog. Kruisondervraging van die staat se sleutelgetuie in die Joslin Smith-verhoor duur voort. Gevangenes kla oor die gehalte van maaltye ná die implementering van Korrektiewe Dienste se nuwe, koste-effektiewe maaltydplan.

50:04

Spektrum 24 March 2025

Spanning bou te midde van beweerde grondgrype in Fort Jackson in die Oos-Kaap. Burgerregtegroepe sê die pos van adjunk openbare beskermer moet dringend gevul word. Die hoogeregshowe in Johannesburg en Pretoria kan nie nuwe sake aanhoor nie weens oorvol hofrolle. Ses mense in hegtenis geneem in verband met die naweek se bloedbad in Shoshanguve.

53:04

Spektrum 21 Maart 2025

Ons praat met 'n kenner oor Suid-Afrika se menseregte-uitdagings. Reaksie op die Reserwebank se onveranderde repokoers. Hoe lyk die toekoms van die IVP vandag, op sy 50ste herdenking?

49:46

Spektrum 20 Maart 2025

Vandag is D-dag vir SASSA-begunstigdes om hulle goue kaarte te vervang. Ons praat met SASSA oor probleme landwyd. Ons praat met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor kinderhandel te midde van erge armoede. Is Suid-Afrika gereed vir 'n rentekoersverlaging? Alle oë is op die Reserwebank.

47:02

Spektrum 19 Maart 2025

Die kruisondervraging van Lourentia Lombaard duur voort in die saak van die vermiste Joslin Smith. Die DA eis antwoorde by die koalisieregering in Tshwane oor 'n multimiljoenrand tender, wat glo verbind is met die metro se onderburgemeester. Meer oor die geskiedkundige vredesamesprekings tussen leiers van die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda. LP’s kla oor die lugversorging in die tentstruktuur, wat as die tydelike parlementsgebou in Kaapstad dien. Ouers wat handeldryf met hulle kinders, is skokkend genoeg 'n algemene verskynsel. Ons praat hieroor met Missing Children SA.

49:46

Spektrum 18 Maart 2025

Die Vereniging vir Plaaslike Regering waarsku dat die toename in elektrisiteitspryse sal lei tot al hoe meer onwettige kragverbindings. Die regering erken hy is verantwoordelik vir die ernstige tekortkominge in Suid-Afrika se vroeë-kinderontwikkelingsprogramme. Ses Eskom-werknemers is in hegtenis geneem in verband met, onder meer, tenderbedrog by die Kusile-kragstasie.

50:46

Spektrum 17 Maart 2025

President Cyril Ramaphosa sê hy verwag 'n verslag van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, wat die land moet verlaat. Die regering is bekommerd oor die situasie in KwaZulu-Natal waar oorstromings reeds sedert Januarie, 24 lewens geëis het. Vrae oor staatsdienswerkers in die Vrystaat se mediese fonds-bydraes wat nie by die fonds uitkom nie. Insekte word in die Hartebeespoortdam vrygelaat om te help met oorgroeide plante.

52:42

Spektrum 14 Maart 2025

Suid-Afrika se ontrekking uit die DRK skep 'n leemte wat gevul moet word, sê president Cyril Ramaphosa. Die Europese Unie se belegging van R94-mijard in Suid-Afrika, wat Amerikaanse beleggings vervang, dui op geopolitieke spanning. Graanproduksie word deur regeringbeleid gekniehalter.

52:14

Spektrum 13 Maart 2025

Miljarde rand is begroot om onderwysposte te behou, en om die weermag te ondersteun. Die kabinet verwelkom die begrotingsrede. Suid-Afrika en die Europese Unie wil hulle diplomatieke en handelsbande versterk. Die bemarking van Suid-Afrikaanse rolprente is in die kollig.

53:08

Spektrum 12 Maart 2025

Bespiegelings dat BTW effens sal styg, te midde van groot teenkanting. Ons praat hieroor met politieke partye, 'n ekonoom en 'n politieke ontleder. Die jongste van die Joslin Smith-verhoor.

51:50

Spektrum 11 Maart 2025

Ons praat met 'n regskenner oor die MK Party wat dreig om die land onregeerbaar te maak. Kommer oor die moontlike afskaffing van die maatskaplike verligtingstoelae se impak op armes. 'n Suid-Afrikaanse televisieaanbieder en aktrise moet haar kinders onmiddelik terugneem Duitsland toe.

49:11

Spektrum 10 Maart 2025

Steeds onsekerheid onder RNE-vennote oor môre se begrotingsrede. Vrae oor Suid-Afrika en Iran se warm verhouding - ons praat met 'n politieke ontleder. Die uitvoerbaarheid van 'n elektroniese stemproses word bespreek.

50:52

Spektrum 7 Maart 2025

Ons bespreek Gauteng se misdaadstatisitiek met 'n kenner. President Donald Trump skort invoertariewe teen Kanada en Meksiko tydelik op. Die Vaaldam is propvol.

46:34

Spektrum 6 Maart 2025

Die bevelvoerder van die Saldanha-polisiekantoor is in die getuiebank op dag vier van die Joslin Smith-hofsaak. Die weerdiens waarsku dat Gautengers hulle moet staal vir nóg ontwrigtende reën. Vrystaat Landbou is bekommerd oor die moontlike uitkringeffek van die VSA se opskorting van noodlening aan Lesotho. Die Verkiesingskomissie ondersoek die haalbaarheid van 'n digitale stemproses vir Suid-Afrika. China waarsku dat hy gereed is vir enige soort oorlog met Amerika, nadat president Donald Trump nóg tariewe teen die land instel.

50:59

Spektrum 5 Maart 2025

'n Organisasie bekend as die Betereinders begin 'n veldtog teen die narratief dat Afrikaners slagoffers is. 'n Resolusie oor wetgewing om fluitjieblasers te beskerm, word na verwagting vandag bekendgemaak. Ons bespreek die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, se ommekeer om met die Amerikaanse president Donald Trump saam te werk. Kenners waarsku teen die gebruik van medisyne wat verval het.

50:57

Spektrum 4 Maart 2025

Die hofsaak oor die verdwyning van Joshlin Smith word voortgesit, te midde van die raaisel oor wat van haar geword het. Die helfte van Suid-Afrikaners word as oorgewig beskou. Donald Trump belowe vuurwerke wanneer hy die Amerikaanse Kongres en Huis van Verteenwoordigers vanaand toespreek. Inwoners van die Kaapse Vlakte vra dat die weermag ontplooi word om bendeweld te beveg.

49:58

Spektrum 3 Maart 2025

Motoriste kan moontlik 'n klein verligting in die brandstofprys verwag. Die vermiste Joslin Smith se Ma en haar twee medebeskuldigdes verskyn in die hof in Saldanha. Op Wêreld Wildlewedag fokus ons op die meer as een miljoen spesies wat op die rand van uitwissing staan. Die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging begin met regsoptrede, wat die regering kan dwing om 'n jaarlikse kwota vas te stel vir die verkoop van leeubeendere.

49:28

Spektrum 28 Februarie 2025

Vandag is die sperdatum vir sake-eienaars om hulle spazawinkels te registreer. Die staking van Pepfar-befondsing kan die stryd teen MIV/Vigs in Suid-Afrika kelder. 'n Versoek om die sperdatum vir die oorskakeling van SASSA-kaarte te verleng.

51:46

Spektrum 27 Februarie 2025

Die Onderwys-lekgotla skop af aan die Gautengse Oos-Rand te midde van 'n verdoemende verslag oor leerders se gebrekkige leesvermoë. Die Pluimveebedryf waarsku dat 'n voëlgriep-uitbreking rampspoedige gevolge vir die sektor kan hê. 'n Veldtog van burgerlike organisasies vra die regering om hongersnood in Suid-Afrika tot 'n nasionale noodtoestand verklaar. Die polisie-diens se K9-eenheid het 'n tekort aan snuffelhonde. Leiers van die Rastafariër-gemeenskap nader die Mensregtekommissie oor die voortdurende stryd met owerhede, wat die kweek en gebruik van dagga betref.

52:35

Spektrum 26 Februarie 2025

’n Geringe, maar kommerwekkende styging in verbruikersinflasie. Kan die ANC sy ondersteunersbasis in Kwazulu-Natal en Gauteng herbou? 'n Bekende in musiekkringe, Nota Baloyi, is in die Menseregtekommissie se visier ná neerhalende opmerkings oor witmense. Suid-Afrika bly buite stemming in 'n Verenigde Nasies-resolusie wat Rusland vir die oorlog in Oekraïne veroordeel. Spanning is aan die oplaai oor die regering se begroting wat maar net nie wil klop nie.

52:43

Spektrum 25 Januarie 2025

Drie gewonde soldate keer terug na Suid-Afrika uit die Kongo. Die kwessie van regter John Hlophe se deelname aan die Regterlike Dienstekommissie is weer voor die hof. Johannesburg se metro spring rond om plek vir dooies te vind. Brande in dele van die Wynland-streek duur voort. 'n Toonaangewende hofsaak kan lei tot vryheid vir 'n ma wat haar lewensmaat vermoor het.

53:16

Spektrum 24 Februarie 2025

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie en digitale tegnologieë besoek die SAUK se hoofkantoor in Johannesburg. Die IVP betoog teen planne om die Ithala-bank te likwideer. Onderhandelings vorder goed om beseerde soldate uit die DRK te repatrieer. Ons praat oor Suid-Afrika se strafregstelsel, wat volgens baie landsburgers 'n oorblyfsel van Apartheid is, en nie die Grondwet weerspieël nie.

53:43

Spektrum 21 Februarie 2025

Die jongste kwartaallikse misdaadsyfers is bekendgemaak. Studente maak amok op verskeie kampusse. Die jongste oor die brande by Wellington.

48:29

Spektrum 20 Februarie 2025

Die ministers van finansies en die presidensie is in die sop oor uitlatings oor die kommissaris van die Inkomstediens. Die ANC het sy provinsiale uitvoerende komitees in Gauteng en KwaZulu-Natal met taakspanne vervang. Die ministers van Buitelandse Sake van die G20-groepering kom in Johannesburg byeen. Erge ontwrigende reën word in groot dele van die land verwag.

51:10

Spektrum 19 Februarie 2025

Jong werkloses sê ekonomiese bestendigheid hang in die weegskaal weens die ernstige gebrek aan geleenthede in Suid-Afrika. Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Sakeliga se beskuldiging dat hy 'n "rasfonds" vir die landbousektor op die been gebring het, is vals. Die spertyd vir SASSA-begunstigdes om hulle kaarte te vervang, word verleng.

45:58

Spektrum 18 Februarie 2025

Die polisie in Gauteng soek na minstens agt verdagtes, wat na bewering betrokke was by die gru-aanranding van klante in 'n nagklub in Pretoria. 'n Verslag oor die werklikhede van vaderskap in Suid-Afrika is onlangs vrygestel. Boere in die Noord-Kaap en Vrystaat sukkel om voort te bestaan midde die voortslepende droogte.

53:39

Spektrum 17 Februarie 2025

Vakbonde en politieke partye skets hulle verwagtinge vir die 2025-begroting wat Woensdag in die Parlement gelewer word. Die moord op ’n Moslem geestelike leier van Kaapstad word as 'n haatmisdaad bestempel. Die organisasie, My Vote Counts, wend hom tot die Wes-Kaapse hooggeregshof om die effektiwiteit van die politieke befondsingswetgewing te betwis.

50:22

Spektrum 14 Februarie 2025

Inwoners van Johannesburg wend hulle tot sosiale media oor die stad se groeiende waterkrisis. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep pleit dat daar 'n sterker fokus geplaas word op selfdood onder tieners en jong kinders. Ons vind uit wat president Donald Trump se nuwe wetgewing rakende omkeertariewe vir Suid-Afrika sal beteken.

48:18

Spektrum 13 Februarie 2025

Die oorskot van die 14 soldate wat in gevegte in die DRK gesterf het, word vandag by die Swartkops Lugmagbasis in Centurion aan familie oorhandig. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die toenemende spanning in die uMkonto-we-Sizwe-party. Daar is sprake van vredesamesprekings tussen Oekraïne en Rusland. Ons hoor hoe klimaatsverandering die prys van sjokolade die hoogte laat inskiet.

50:55

Spektrum 12 Februarie 2025

Ernstige vrae word gevra oor doeltreffendheid van advokaat Shamila Batoyi, die eerste vrou wat aangestel is as die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. 'n Politieke ontleder praat oor die toekoms van die Ditsobotla Munisipaliteit in Noordwes, wat volgens die ANC eerder ontbind moet word. Suid-Afrika maak hom gereed om die liggame van weermagsoldate te ontvang, wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het. Wat Donald Trump se strategie met sy uitlatings?

49:42

Spektrum 11 Februarie 2025

'n Debat oor wie presies die "Afrikaner" is wat nou in Amerika vlugtelingstatus kan kry, oorheers sosialemediagesprekke. Vrystaatse boere gryp op eie onkoste in om paaie in die provinsie te herstel. Verskeie politieke partye vra dat die Minister van Verdediging, Angie Motshekga, uit die amp verwyder word.

50:01

Spektrum 10 Februarie 2025

Die MK-party gaan 'n klag van hoogverraad teen Afriforum indien. 'n Oproep tot kalmte, te midde van 'n heksejag na die oorsprong van president Trump se asiel-opdrag. Amerika stel 'n 25%-invoertarief in op staal en aluminium.

49:58

Spektrum 7 Februarie 2025

Ons praat met 'n ekonoom, 'n landboukenner en 'n politieke ontleder oor die staatsrede. ArcelorMittal Suid-Afrika het die sluiting van sy aanlegte in Newcastle en Vereeniging met 'n maand uitgestel. Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, verskyn weer in die handelsmisdaadhof.

54:37

Spektrum 6 Februarie 2025

Die ANC en die DA bereik 'n kompromie oor die voortbestaan van private mediese fondse onder die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. OUTA hoop die president sal innoverende planne om georganiseerde misdaad en korrupsie te pak, in sy staatsrede aankondig. Die nasionale minimumloon word verhoog.

53:59

Spektrum 5 Februarie 2025

Die DA verduidelik wat hy van môre se staatsrede verwag. Ons praat ook met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor die staatsrede. Die Rea Vaya-busdiens bly tot verdere kennisgewing opgeskort.

49:49

Spektrum 4 Februarie 2025

Die miljardêr versekeringsmagnaat en eiendomsontwikkelaar, Douw Steyn, sterf. China stel vergeldende tariewe in teen die VSA. 'n DNS-toets kan dalk help om servikale kanker gouer op te spoor.

50:05

Spektrum 3 Februarie 2025

Die Amerikaanse president dreig met stappe oor Suid-Afrika se grondonteieningsbeleid. Ons praat hieroor, en die gevolge van die VSA se invoerheffings op Kanada en Mexiko, met 'n ekonoom en ‘n politieke ontleder. Die jongste oor die situasie in die DRK. 'n Weervoorspeller gee die reënvooruitsigte vir die res van die seisoen.

51:56

Spektrum 31 Januarie 2025

Malaria breek uit in Limpopo. President Trump waarsku dat hy 'n 100% invoertarief sal instel indien BRICS sy eie geldeenheid skep. Kommer oor landbou in droogtegeteisterde gebiede.

48:30

Spektrum 30 Januarie 2025

Die MK-Party in Kwazulu-Natal staan bankvas agter die voormalige president, Jacob Zuma, se dogter wat vandag in die landdroshof in Durban verskyn. Die Johannesburg Metro sê hy het 'n plan om vroue en kinders wat in die middestad bedel, te help. Die voormalige Minister van Verdediging en Internasionale Betrekkinge, Lindiwe Sisulu, veroordeel die onlangse aanvalle op Suid-Afrikaanse vredesmagsoldate in die DRK. 'n Ekonoom praat oor Suid-Afrikaanse huishoudings se finansiële veerkragtighheid.

49:06

Spektrum 29 Januarie 2025

Die Regering van Nasionale Eenheid se tweedaagse kabinetslekgotla begin vandag. Belanghebbendes in die onderwys vra dat die Noord-Kaapse onderwysdepartement onder administrasie geplaas word. Meer oor die ooreenkoms tussen die Wes-Kaapse regering en die Gesondheidstigting om 'n sorgfonds op die been te bring.

50:42

Spektrum 28 Januarie 2025

Eskom wil strenger beheer afdwing op sonkragstelsels wat aan die nasionale kragnetwerk gekoppel is. Die ANC en die VF Plus stem ten gunste van 'n wantrouemosie teen die DA-burgemeester van Swellendam, Francois du Randt. Gautengers kla al hoe meer oor die vlieëplaag in die provinsie - ons praat met 'n entomoloog van die Landbou Navorsingsraad. Die Hooggeregshof in Pretoria beslis dat die armoedetoelaag wat tydens die Covid-pandemie ingestel is, voortgesit moet word. Meer as duisend onwettige immigrante is die afgelope twee dae in die VSA in hegtenis geneem.

50:37

Spektrum 27 Januarie 2025

Die MK Party voer aan die SAUK kies kant wanneer die uitsaaier na die Regering van Nasionale Eenheid verwys. Ons bring jou die jongste uit daardie hofsaak. Gemoedere loop steeds hoog oor die nuwe Grondonteieningswetm met spanning wat toeneem binne die Regering van Nasionale Eenheid. Die familie van een van die nege Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo sterf, praat oor sy passie vir sy werk. SANPARKE beklemtoon weer hoe gevaarlik dit is as besoekers nie hulle reëls gehoorsaam nie.

49:38

Spektrum 24 Januarie 2025

Wye reaksie op die nuwe onteieningswet wat deur President Cyril Ramaphosa bekragtig is. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement reageer op die skietdood van 'n skoolhoof in Kraaifontein. Kollega Annamarie Jansen van Vuuren berig uit Los Angeles waar die jongste benoemings vir vanjaar se Oscars aangekondig is. Volgens die VN is sowat 2 000 kinders in Gasa wees gelaat sedert die oorlog tussen Israel en Hamas in Oktober 2023 uitgebreek het.

47:16

Spektrum 23 Januarie 2025

Build One South Africa se petisie om die minimumslaagsyfer van 30% af te skaf, kry momentum. Ouers van leerlinge met spesiale behoeftes dreig met regstappe teen Gauteng se onderwysdepartement omdat hulle kinders nie in spesiale skole geplaas word nie. Meer oor 'n nuwe digitale stelsel om die gebruik van verbode middels in sport te identifiseer.

49:08

Spektrum 22 Januarie 2025

Verbruikersinflasie styg vir 'n tweede agtereenvolgende maand, en is nou 3%. Die EFF open 'n strafregtelike klag teen die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur. Ons praat met die Minister van Korrektiewe Dienste oor die land se oorvol tronke. Het jy geweet die brilpikkewyn is hoogs bedreig?

49:29

Spektrum 21 Januarie 2025

President Trump maak talle beloftes tydens sy inhuldiging. Ons praat met 'n ekonoom oor sy uitlatings. 'n Klimatoloog reageer op die VSA se onttrekking aan die Parys Klimaatooreenkoms. Die EFF gaan die PA se Kenny Kunene by die Menseregtekommissie verkla oor sy opmerking dat onwettige myners geslag moet word.

50:44

Spektrum 20 Januarie 2025

China se adjunkpresident woon Donald Trump se inhuldiging by nadat Xi Jinping sy uitnodiging van die hand gewys het. Daar was ‘n toename in die feesseisoen se padsterftes. Die gedrukte woord teenoor digitale media - maak seker jou kind gebruik steeds 'n woordeboek.

52:37

Spektrum 17 Januarie 2025

Die moontlike sluiting van die polisie se nasionale inspektoraat laat baie vrae ontstaan. Die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, word gevra om dringend teen 'n toename in plaasaanvalle op te tree. Talle gevangenes ontvang hulle matriekuitslae. Die ekonomie kan vanjaar met 1.7% groei.

52:55

Spektrum 16 Januarie 2025

Ons kry die jongste nuus uit Stilfontein in Noordwes, nadat die reddingsoperasie van onwettige mynwerkers vanoggend voltooi is. Angstige ouers in Gauteng staan tou by disktriksonderwyskantore in 'n poging om hulle kinders in skole geplaas te kry. Meer oor die Kamer van Koophandel en Nywerheid se jongste handelstoestande-indeks. Die MK-partyleier, Jacob Zuma, sê hy sal die ANC red as die party vir hom sy lidmaatskap teruggee. Ons vra 'n politieke ontleder om sin te maak hiervan.

53:45

Spektrum 15 Januarie 2025

Die lyke van minstens 60 onwettige mynwerkers is die afgelope twee dae by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. Die Sentrale Energiefonds voorspel 'n beduidende brandstofprysstyging in Februarie. Ná 'n maandelange dooiepunt hieroor, is bemiddelaars hoopvol dat 'n skietstilstand tussen Israel en Hamas in Gasa bereik sal word.

52:46

Spektrum 14 Januarie 2025

Politieke partye en ander belanghebbendes in die onderwys reageer op die matriekuitslae van 2024. Dit is dag twee van reddingsoperasies by die Stilfonteinmyn in Noordwes, waar honderde onwettige mynwerkers steeds ondergronds is. Honderde mense is dakloos gelaat ná swaar reën in Limpopo. Die Oscar-benoemings is vir 'n tweede keer uitgestel weens die brande wat voortvoed in Los Angeles. Die Mededingingskommissie bevind daar is 'n tekort aan mededinging in die varsproduktebedryf.

54:51

Spektrum 13 Januarie 2025

Terwyl die land asem ophou vir die uitslae van die matriekklas van 2024, heers daar groot ontevredenheid oor bewerings dat die uitslae vooraf te koop was. Die voormalige spioenbaas, Niël Barnard, sterf. Swaar reën word vandag vir Pretoria voorspel. Besoekers is steeds welkom om die Nasionale Kruger Wildtuin te besoek ondanks oorstromings in die gebied.

50:08

Spektrum 10 Januarie 2025

Vyf beskuldigdes, wat die kleinkind van voormalige president Nelson Mandela insluit, verskyn in die Johannesburgse landdroshof in verband met ’n voertuigkaping. Donald Trump het sy visier op Groenland gestel - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dié eiland so belangrik vir die Amerikaners is. Die polisie se ondersoek na 'n plaasaanval in die Stellenbosch-ongewing duur voort.

47:30

Spektrum 9 Januarie 2025

Twee EFF-parlementslede, waaronder dr. Mbuyiseni Ndlozi, bedank. President Cyril Ramaphosa skop vas en sê alle prosesse is gevolg toe Jacob Zuma se partylidmaatskap opgeskort is. ‘n Groot verwelkoming in Maputo vir Mosambiek se opposisieleier. Talle Hollywoodsterre verloor hulle huise in 'n vernietigende brand in Los Angeles.

50:15

Spektrum 8 Januarie 2025

Oudpresident Jacob Zuma stel 'n ultimatum aan die ANC oor sy lidmaatskap van dié party. Stille samesprekings word gevoer oor die moontlike samesmelting van kleiner partye in die parlement. Mosambiek se opposisieleier, Venâncio Mondlane, kondig op sy sosiale media aan dat hy môre in Mosambiek sal aankom.

46:52

Spektrum 7 Januarie 2025

'n Hofsaak bepaal vandag of die 2024-matriekuitslae aanstaande week in koerante gepubliseer mag word of nie. NUMSA soek antwoorde van die regering oor ArcelorMittal Suid-Afrika se moontlike afleggings. Moet jy vanjaar meer opdok vir skoolfooie en skryfbehoeftes? Ons praat met 'n kenner hieroor. Amerika sê sy inligting wys dat die aardbewing in Tibet hewiger is as wat beraam word.

51:45

Spektrum 6 Januarie 2025

Vyf-en-veertig mense is beseer in 'n botsing op die N3 in KwaZulu-Natal te midde van voorspellings van erge reën en stormweer in die provinsie. Die laaste gesoekte verdagte in die Lusikisiki-massamoord is agter tralies. Ons praat met 'n kenner oor die gebeure in Mosambiek waar 'n nuwe vlaag betogings dreig. Die Chinese minister van buitelandse sake besoek vier Afrikalande.

47:56

Spektrum 20 Desember 2024

Verkeersvloei op die hoofroetes neem toe soos mense na hulle vakansiebestemmings stroom. Talle senior staatsamptenare in Noordwes verklaar nie hulle belange nie. Krugersdorp aan die Wesrand is steeds sonder water ná 'n 86-uur waterafsluiting. Durban hoop om 'n rekordgetal besoekers hierdie feesseisoen te verwelkom. Dokters sê jy moet ook jou kopvel teen die son beskerm.

47:04

Spektrum 19 Desember 2024

Die president onderteken wetgewing oor die nasionale kernreguleerder. Eskom maak die stand van sy geldsake bekend. Ons praat met 'n mediese kenner oor Rubella-gevalle wat landwyd toeneem. Suid-Afrikaners praat oor die proses om MUFASA - THE LION KING te maak.

43:11

Spektrum 18 Desember 2024

Spazawinkels het nog twee maande tyd om te registreer. Die Grensbestuurowerheid sê die situasie by die Lebombo-grenspos in Mpumalanga het na normaal teruggekeer. Die jongste oor die stand van KwaZulu-Natal se strande.

47:38

Spektrum 17 Desember 2024

President Cyril Ramaphosa herbevestig die regering se voorneme om Khoi-, Nama- en San-tale deel te maak van die skolekurrikulum. Landbou-organisasies reageer op die president se Versoeningsdag-toespraak. Nóg organisasies vra vir 'n verlenging van die registrasieproses vir informele handelaars. Rolprentmakers is hoopvol dat Suid-Afrika se inskrywing vir beste internasionale rolprent die gesogte Oscars-kortlys sal haal. Gevorderde tegnologie word ingespan om misdaad by grensposte soos Lebombo en Beitbrug te bekamp.

50:08

Spektrum 16 Desember 2024

Ons praat met 'n ontleder oor die verloop van die EFF se verkiesingskongres die afgelope naweek. Die MK-party vier sy eerste bestaansjaar by 'n saamtrek van duisende ondersteuners in Durban. Suid-Afrikaners vier vandag Versoeningsdag. Die tydperk waarin Spazawinkels kan registreer, loop môre ten einde.

49:21

Spektrum 13 Desember 2024

Die gemeenskap van Westbury in Johannesburg sê die polisie is traag om sake van bendegeweld te ondersoek. Alle oë is op die EFF wat nuwe leierskap verkies. Die tyd raak min vir sake-eienaars om hulle spazawinkels te registreer.

49:03

Spektrum 12 Desember 2024

44:59

Spektrum 11 Desember 2024

Het smokkelary in Suid-Afrikaanse tronke 'n krisispunt bereik? Afriforum gaan hof toe oor 'n reuse ontwikkeling tussen Sasolburg en Vanderbijlpark. Voetgangers loop deesde voor voertuie in om geld van die Padongelukkefonds te eis.

50:03

Spektrum 10 Desember 2024

Parys in die Vrystaat steier onder 'n waterkrisis. Die skending van menseregte in konflikgeteisterde gebiede is in die kollig op Internasionale Menseregtedag. Die dobbelbedryf se bydrae tot die ekonomie neem toe.

52:27

Spektrum 9 Desember 2024

Die ANC se werkkomitee vergader met Gauteng se partyleierskap oor die moontlike ontbinding van dié provinsiale struktuur. Wêreldleiers hoop op 'n bestendige oorgangsregering in Sirië. 'n Kenner meen die regering se voorstel dat verpligte gemeenskapsdiens vir gesondheidsinspekteurs geskrap moet word, tot erge gesondheidskrisisse in gemeenskappe kan lei.

51:42

Spektrum 6 Desember 2024

Die jongste oor die SAL-staking. 'n Ekonoom verduidelik wat die belasting op koolstofdioksied-uitlatings vir ons inhou. Die Proteas is stewig in die saal teen Sri Lanka.

49:52

Spektrum 5 Desember 2024

Teenkanting teen 'n salarisverhoging vir die president. Die politieke krisis in Frankryk verdiep. Die jongste Afrimat konstruksie-indeks toon daar is ‘n toename in indiensneming.

48:53

Spektrum 4 Desember 2024

President Cyril Ramaphosa skommel sy kabinet. Met die taxi-staking in KwaZulu-Natal in sy vyfde dag, sê die LUR vir Vervoer, Siboniso Duma, dat die provinsiale regering nie sal toelaat dat taxiverenigings hulle boelie nie. Thabazimbi stem vir 'n nuwe stadsraad na byna drie jaar van chaos. Parlementslede in Suid-Korea begin met 'n proses om die land se president, Yoon Suk Yeol, in 'n staat van beskuldiging te plaas. Verbruikersvertroue daal verder.

49:15

Spektrum 3 Desember 2024

Die ANC sê hy moet harde besluite neem oor die lot van sy leierskapstrukture in Gauteng en KwaZulu-Natal. 'n Nuwe verordening word in die Tshwane-metro voorgestel om die registrasieproses vir informele handelaars te vergemaklik. Groot afwagting oor die bekendmaking van die verkiesingsuitslae in Namibië. Die Grensbestuurowerheid sê hy is gereed om al 72 grensposte tydens die feesgety te beveilig. Hittegolftoestande oor groot dele van die land sal tot ten minste Vrydag voortduur.

50:04

Spektrum 2 Desember 2024

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party besluit om onafhanklik te staan vir die 2026 munisipale verkiesing. Ons praat met 'n ontleder oor wat dit vir die toekoms van die drieparty-alliansie beteken. Ons kry die jongste nuus uit Noordwes waar nóg onwettige mynwerkers oor die naweek by Stilfontein na die oppervlak teruggekeer het. Meer oor planne vir 'n sentrale register om verbruikers teen die daaglikse vlaag ongewenste smousoproepe te beskerm. Die uittredende president van Amerika, Joe Biden, staan 'n presidensiële kwytskelding aan sy seun toe. Die aangewese president van die VSA, Donald Trump, stuur 'n waarskuwing aan BRICS-lidlande oor dié groepering se planne vir 'n nuwe geldeenheid.

48:11

Spektrum 29 November 2024

'n Verduideliking van wat gister se BELA-ooreenkoms behels. 'n Optog na die Uniegebou as deel van die 16 dae-veldtog teen geslagsgeweld. Kommer oor die langasems van Kenia en Ethiopië.

45:25

Spektrum 28 November 2024

Die publisering van vanjaar se matriekeksamen-uitslae móét ingevolge 'n hofbevel in die media gepubliseer word. 'n Meksikaanse burger is polisieaanhouding nadat wetstoepassers toesak op 'n dewlmlaboratorium in Pretoria. Inwoners van verskeie gemeenskappe beskuldig Johannesburg Water van gebrekkige kommunikasie te midde van die metro se verdiepende waterprobleme. Betogings breek opnuut uit in Mosambiek. Onsekerheid oor hoe die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, se buitelandse beleid Afrika sal raak.

43:08

Spektrum 27 November 2024

Misdaadgesteisterde gemeenskappe in Gauteng sê die jongste misdaadstatistiek weerspieël nié die werklikheid nie. Kommer oor die toename in seksuele misdade in die Vrystaat. Amerikaanse ontleders sê Afrikalande kan met reg bekommerd wees oor aangewese Amerikaanse president Donald Trump se administrasie, gegewe die onsekerheid oor sy buitelandse beleid. Die private sektor gryp in om 'n vervalle regeringsgebou in Durban se sakekern te herontwikkel. Wat is die implikasies van die tydelike skietstaking tussen Israel en Libanon?

50:33

Spektrum 26 November 2024

Die Konstitutionele Hof hoor vandag die EFF se hofaansoek aan oor die Phala Phala-saak. Die Parlement se Staande Komitee oor Finansies eis antwoorde oor watter stappe gedoen sal word teen werkgewers wat nié betalings aan werknemers se pensioenfondse maak nie. Die EFF-leier, Julius Malema, sê gerugte dat die senior partylid, Mbuyeseni Ndlozi, van die EFF se opkomende kieskonferensie verban is, is net skinderstories. Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies bevestig dat 'n skietstaking tussen Israel en Libanon moontlik bereik kan word.

51:54

Spektrum 25 November 2024

Meer as tien buitelandse burgers is in hegtenis geneem waar reddingsoperasies op Stilfontein in Noordwes voortduur. Meer oor 'n COP29 klimaatsberaad-ooreenkoms wat koolstofkrediete op die globale mark wil koop en verkoop. Huldeblyke stroom in ná die dood van die digter, skrywer, kunstenaar en aktivis, Breyten Breytenbach. Die spertyd vir die herkodering van Eskom se voorafbetaalde kragmeters word verleng. Vyf jong entrepreneurs van Suid-Afrika ding mee in vanjaar se Brics Jong Uitvinder-kompetisie in Sochi, Rusland.

43:47

Spektrum 22 November 2024

‘n Politieke ontleder praat oor die gevolge van die Internasionale Strafhof se lasbrief teen die Israelse Eerste Minister. Sondag is D-dag vir huishoudings om voorafbetaalde-kragmeters te herkodeer. Suid-Afrikaners sal binnekort watertekorte dadelik kan aanmeld.

47:46

Spektrum 21 November 2024

Die regering sê hy oorweeg steeds die moontlikheid om voorvalle van voedselverwante siektes landwyd as 'n nasionale ramp te veklaar. Intussen sterf nóg 'n kind weens vermeende vergiftiging. Die DA maak 'n plan teen afdreiging as 'n misdaad bekend. SADEK se buitegewone beraad loop in Harare, Zimbabwe, ten einde.

53:39

Spektrum 20 November 2024

Gemoedere loop hoog nadat 'n 14-jarige tiener gisteroggend in Ravensmead op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is. Die inflasiekoers daal tot 2,8%. Die parlement voer onderhoude met agt kandidate om die pos van adjunk-openbarebeskermer te vul.

53:25

Spektrum 19 November 2024

Drie tieners sterf op die Kaapse Vlakte in bendeverwante skietvoorvalle. Nege jong kinders word in Mosselbaai in die hospitaal behandel in verband met moontlik vergiftigde kos van spazawinkels. Alle oë is op die Reserwebank wat vandeesweek 'n aankondiging oor rentekoerse sal maak. Dit is vandag die duisendste dag van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne.

51:13

Spektrum 18 November 2024

Openbare sittings oor 'n voorgestelde kragtariefverhoging begin in Kaapstad. Gemengde reaksie op president Ramaphosa se aankondiging dat alle spazawinkels binne 21 dae geregistreer moet word. Die G20-beraad begin in Rio de Janeiro.

53:39

Spektrum 15 November 2024

Jou Mosambiek-vakansie - moet jy bly of kan jy ry? Hoe maklik sal dit vir Donald Trump wees om sy kabinetsbenoemings deur die senaat goedgekeur te kry? Rassie Erasmus verduidelik hoekom daar 12 veranderinge aan môre se Bok-span teen Engeland is.

47:02

Spektrum 14 November 2024

Die Minister in die Presidensie se uitlatings oor die "uitrook" van onwettige mynwerkers lok gemengde reaksie uit. Die situasie by die Lebombo-grenspos tussen Suid-Afrika en Mosambiek bly gespanne, met vragmotors wat steeds nie deurgelaat word nie. Die vroeë stemproses in Namibië en ander lande waar Namibiërs woon, het begin. Diplomatieke verhoudinge tussen Amerika en Spanje is gespanne.

47:28

Spektrum 13 November 2024

Die Departement van Basiese Onderwys sê meer as R200 miljoen is bestee aan die druk van matriekvraestelle. Honderde onwettige mynwerkers is steeds ondergronds in Stilfontein, sonder kos en water. Die president van Suid-Afrika se sokkerfederasie, Danny Jordaan, is in hegtenis geneem.

53:41

Spektrum 12 November 2024

Die Minister van Water en Sanitasie sê waterskaarsheid in Suid-Afrika is ’n realiteit. Johannesburg-metro stem in om sy uitstaande Eskom-rekening van R4,9 miljard te betaal. 'n Peiling deur die Instituut vir Rasseverhoudinge wys dat die meeste mense gunstig voel teenoor die Regering van Nasionale Eenheid.

49:46

Spektrum 11 November 2024

Vragmotorbestuurders dreig om vandag met 'n staking te begin. Die Gautengse regering gaan die verkoop van plaagdoders by informele winkels verbied. Die wetsontwerp op die SAUK word herroep.

50:03

Spektrum 8 November 2024

Die kragtoevoer na Johannesburg kan onderbreek word. Ons praat met 'n kenner oor die plofbare situasie in Mosambiek. goeie reën word die naweek oor groot dele van die land verwag.

49:31

Spektrum 7 November 2024

Advokaat Dali Mpofu sluit aan by 'n reeks voormalige EFF-lede wat nou 'n nuwe politieke tuiste het. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat deklassifiseer sy geheime verslag oor die beweerde aandeel van top-polisielede in die sluipmoord op die teenbende-speurder, Charl Kinnear. Die wenners van die Earthsot-pryse is by 'n glansgeleentheid in Kaapstad bekendgemaak. Een-miljard rand se opgradering van die Mosselbaai se hawe in die Tuinroete om sy handels- en toerismefunksie te vergroot. Die Suid-Afrikaanse mans krieketspan wil vergoed vir sy onlangse rits nederlae, wanneer hulle Indië môre in Durban pak.

49:54

Spektrum 6 November 2024

Die Lemombo-grens tussen Suid-Afrika en Mosambiek bly tot verdere kennisgewing gesluit. Donald Trump van die Republikeine wen die Amerikaanse presidentsverkiesing. Nog onwettige myners kom uit verlate mynskagte na die oppervlak in en rondom Stilfontein en Orkney.

48:16

Spektrum 5 November 2024

Die Parlement gaan binnekort 'n strenger oog oor die Presidensie hou, danksy 'n nuwe komitee. Die eerste kruisies in die VSA se algemene verkiesing word in die dorpie Dixville Notch in die deelstaat New Hampshire getrek. Sneeu sak uit op Graaff-Reinet in die Oos-Kaap.

45:08

Spektrum 4 November 2024

Meer as 50 onwettige myners verskyn vandag in die hof in Stilfontein. Die polisie sê 'n span kundiges gaan bewerings oor besmette kositems, wat by spaza-winkels verkoop word, ondersoek. Beleggers in Amerika hou vir eers terug op nuwe beleggings, in afwagting op die verkiesingsuitslag.

46:55

Spektrum 1 November 2024

Ons praat met 'n kenner oor die aanklagte wat teen oudminister Kodwa laat vaar is. Oproepe dat die brandseisoen verleng word. Suid-Afrika se duurste munt gaan opgeveil word.

50:34

Spektrum 31 Oktober 2024

Huldeblyke stroom in na die dood van die bekroonde rolprentmaker, Danie Odendaal. Daar is uiteenlopende reaksie op die mediumtermyn-begrotingsrede van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Noord-Korea wys sy tande vir die Weste.

51:59

Spektrum 30 Oktober 2024

Die land se oë is op die Minister van Finansies se mediumtermynbegroting wat vandag in die Parlement gelewer word. ‘n Geregtelike doodsondersoek na die Enyobeni Taverne-tragedie in die Oos-Kaap word hervat. Die stryd verdiep tussen die Demokratiese en Republikeinse presidentskandidate in die komende Amerikaanse verkiesing.

50:00

Spektrum 29 Oktober 2024

Die ANC se nuwe lidmaatskapstelsel sal voornemende partylede aan strenger verifikasieprosesse onderwerp. Die Departement van Korrektiewe Dienste ondersoek bewerings dat welgestelde gevangenes tronkbewaarders omkoop om spesiale behandeling te ontvang. Die VN se sekretaris-generaal sê Israel se verbanning van die Palestynse Vlugtelinge Agentskap, UNRWA, sal verwoestende gevolge vir Palestynse burgers hê.

50:14

Spektrum 28 Oktober 2024

Die ANC blyk verdeeld te wees oor die kwessie van nasionale gesondheidsversekering. Ons vind meer uit oor 'n ooreenkoms wat glo visumvrye toegang aan sekere Oekraïense burgers tot Suid-Afrika sal gee. Die oorsaak van die ses kinders wat dood is nadat hulle eetgoed by 'n spaza-winkel in Naledi, Soweto, geëet het, word bekendgemaak. 'n Versoek om die Polisiediens se topbestuur aan leefstyloudits te onderwerp.

52:26

Spektrum 25 Oktober 2024

Nóg 'n kind sterf naDAT hy glo smulhappies van 'n spaza-winkel geëet het, dié keer in Khubvi buite Thohoyandou in Limpopo.Nog polisiebeamptes word op die toneel van 'n skietery in Bishop Lavis in Kaapstad ontplooi. Elf mense sterf die afgelope twee dae in twee verskillende voorvalle van bendegeweld in Kaapstad. Die Pluimveevereniging vra dat BTW op hoenderprodukte gestop word.

46:12

Spektrum 24 Oktober 2024

80% van Johannesburg se brûe is op die randjie van ineenstorting. Eskom erken dat die omskepping van die Komati-kragstasie na skoner energie, 'n duur blaps was. Dertig lande wil by die BRICS-groepering aansluit.

51:05

Spektrum 23 Oktober 2024

Die Valke gaan bewerings van korrupsie en geldwassery ondersoek, wat die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, haar man en verskeie ander verdagtes betrek. Agt verdagtes verskyn môre in die hof in verband met 'n beweerde multimiljardrand-diamantbedrogspul. Die inflasiekoers daal verder.

48:12
Close

Save video to ...