BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 21
Magriet is ontsteld oor die nuwe inligting oor haar pa se dood. Ben ondersteun haar.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 20
Magriet word teensinnig gekonfronteer met die waarheid oor haar pa. Elsa is bekommerd oor Dustin.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 19
Sam leer Isabel beter ken. Willem loop sy rieme styf.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 18
Die nuwe vennoot beïndruk Petro teen alle verwagting. Magriet wonder oor Sasha.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 17
Magriet ontmoet Ben se nuwe vennoot. Hy bied uitkoms aan 'n probleem.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 16
Petro maak amok in die Meyer-huishouding. Sam probeer Magriet vertel van Isabel.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 15
Magriet kners op haar tande wanneer Petro opdaag. Ben en Elsa ondersteun haar. Lynette en Magriet besluit om nie slapende honde wakker te maak nie.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 14
Elsa is bekommerd oor Dustin. Sam is op sy senuwees oor Elsa se plan om hom te help. Elsa tref 'n ooreenkoms met Willem. Sam skraap al sy moed bymekaar om Isabel te ontmoet.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 13
Magriet verduur Dustin noodgedwonge. Ben deel sy toekomstige planne met Magriet. Sam vra Elsa se hulp.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 12
Lynette konfronteer Petro oor haar ontstellende aantygings. Ben ontmoet David vir die eerste keer. Magriet stel 'n ultimatum aan David.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 11
Magriet beplan 'n uitstappie saam met Sam. Hy neem haar in sy vertroue. David probeer Lynette heuning om die mond smeer. Petro maak reg om haar lewe heeltemal te verander.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 10
Sam is ongelukkig oor Dustin se gereelde besoeke. Die Meyer-gesin is verheug om Magriet terug te verwelkom. Hulle bring noodsaaklike tyd saam deur.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 9
Ben stel 'n ultimatum aan Sasha. Elsa is ontsteld ná haar toevallige ontmoeting met Ansie. Sy sien vir die eerste keer weer haar seun, en sy neem 'n belangrike besluit.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 8
Magriet en Lynette onderhandel met David. Ben is jaloers op David, maar Magriet verseker hom dis onnodig. Ben en Sasha woon 'n werkspartytjie by, met dit verreikende gevolge.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 7
Sasha sorg dat sy onmisbaar is in Magriet se afwesigheid. David gooi sy flikkers by Magriet. Lynette terg Magriet oor David.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 6
Lynette en Magriet besef Petro sal nooit verander nie, maar Petro se gedrag frustreer Magriet tog. Petro neem haar kans waar, en betower die hotelgaste.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 5
Elsa is onsteld omdat Ansie Ben besoek het. Willem is ongeduldig teenoor Ansie. Willem besoek die klub en soek toenadering by Elsa, maar sy staan vas.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 4
Magriet kry 'n onverwagse besoeker. Willem en Ansie sit vas. Sy is bang sy gaan haar kind verloor, en neem sake in eie hande.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 3
Ben soek toenadering by Sam. Hy oortuig Magriet om saam met hom na die klub toe te gaan om te luister hoe Elsa saksofoon speel. Hulle ontmoet Dustin en Magriet is nie beïndruk nie.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 2
Ben is bekommerd oor Elsa. Elsa konfronteer Willem, en waarsku hom om weg te bly van haar en haar gesin af. Lynette stel 'n ultimatum aan Petro.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 1
Magriet wil nie betrokke raak by Lynette en Petro se argumente nie. Ben soek vergeefs toenadering by sy vrou. Elsa is kwaad wanneer Sam haar vertel van Willem.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 23 (slot)
Hoor wat van Afrikaans sal word in die sesde millennium, en of Didius en Bonita toe darem hulle verskille kon bylê. En hoe sal Loeloeraai die res van sy sending in die Suidelike Galaktikas benader?
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 22
Didius kom uit ’n gebou gehardloop en roep wild om hulp. Loeloeraai beveel aan dat Cleož hom op ’n veilige plek uitvra terwyl hy en Watwo onder elektromagnetiese verhulling gaan kyk of hulle die oorsaak van Didius se hulpgeroep kan opspoor. Cleož besluit die veiligste plek om Didius uit te vra, is in die Kronogmoš. Dit het egter katastrofiese gevolge!
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 21
Cleož transfigureer van haar normale voorkoms na dié van ’n tipiese student van 1997, met byna katastrofiese gevolge wanneer sy met Didius Deelman begin gesels. Professor Provo van Thijn, wat Didius se meisie by hom afgerokkel het, raak dinge teenoor haar kwyt wat byna Didius se lewe kos.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 20
Loeloeraai neem ’n foto van Neelsie, Vroutjie, Engela en Oom Stoffel. Kort daarna heers daar egter groot verwarring, en Vroutjie verdink Neelsie dat hy by die aanstellerige Miesies Wenderbaail vlerkgesleep het. Watwo en Cleož het baie interessante nuus om met Loeloeraai te deel, maar hy het sélf ’n bietjie verrassende nuus vir Watwo.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 19
Neelsie verduidelik aan Loeloeraai waarom hy glo dat Afrikaans sal wegkwyn sonder die handhawing van die taal op onderwysvlak. Loeloeraai het slegte nuus vir Kerneels en sy huismense.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 18
Neelsie vertel Loeloeraai van die twee belangrike periodes van oorsprong van Afrikaans. Wanneer hy sy twyfel oor die voortbestaan van Afrikaans oor vyftig of meer jaar uitspreek, betig Loeloeraai hom onmiddellik en sê hy dat hy glo in die oorlewing van die taal. Loeloeraai is verstom oor die geskiedenis van taalgenootskappe en taalunies, en verwonder hom aan die uiteenlopende denkrigtings van die twee taalbewegings.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 17
Neelsie se antwoord op die vraag of daar enigiemand in die land selfs besig is met genetiese navorsing, bevestig Loeloeraai se vermoedens. Loeloeraai se belangstelling in Afrikaans word geprikkel wanneer Neelsie vertel van sy pogings om die taal te bevorder en van die uiteenlopende standpunte oor die ontstaan van Afrikaans.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 16
Engela en Loeloeraai het ’n reuse verrassing vir Kerneels en Vroutjie, maar Stoffel is nog meer agterdogtig as ooit tevore. Neelsie skraap die moed bymekaar om Loeloeraai te vra wat die doel van sy besoek is en of hy alleen is. Die beperkte inligting wat hy van Loeloeraai kry, is nietemin vir hom onrusbarend.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 15
Loeloeraai erken teenoor Watwo wat sy ware opdrag vir die sending was. Oom Stoffel kom vroeg daardie volgende oggend by die kombuis ingehardloop met skokkende nuus oor Loeloeraai.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 14
Nadat Loeloeraai teruggekeer het na die eiervormige tuig in die agterplaas vir die nag, kan niemand in die huis tot rus kom nie. Engela verwoord Neelsie en Oom Stoffel se grootste kommer: “Ek wonder net wat het hy hier by ons kom maak?” Cleož maak die waarheid aan Watwo bekend oor die dood van sy vader, lank gelede.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 13
Loeloeraai verstom almal met sy intelligensie, behalwe Oom Stoffel wat die vrede nie wil vertrou nie. Nie net is hy intelligent en vir Vroutjie en veral vir Engela baie aantreklik nie, hy verstom almal ook met asemrowende tegnologie.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 12
Oom Stoffel reken met só baie goud in die agterplaas, is Kerneels se geldprobleme vir goed verby! Die ou korrelkop wil sommer hê Herrie moet die goue eier kom omrol, maar Vroutjie vrees steeds vir ’n moontlike ontploffing. Oom Stoffel bedink ’n slim plan om te bewys dat dit nie ’n stuk wapentuig uit die vorige oorlog was nie.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 11
Loeloeraai oortuig Watwo en Cleož dat hy alleen die chronotuig sal verlaat, sonder ’n wapen om homself mee te verdedig en sonder ’n linguistofoon waarmee hulle mekaar sal kan verstaan. Vroutjie is bekommerd dat die eiervormige tuig in hulle agterplaas ’n oorblyfsel uit die laaste oorlog kan wees en Engela is bang die persoon aan die binnekant gaan versmoor omdat daar geen vensters sigbaar is nie. Dan ontvang Neelsie nóg ’n besoeker van wie se afspraak hy vergeet het!
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 10
Terwyl Vroutjie en Neelsie die Aandster sit en bewonder, sien sy skielik ’n baie vreemde vliegtuig naderkom. Die skynbaar onmoontlike gebeur. Die eiervormige tuig land reg langs die eikeboom in Neelsie-hulle se agterplaas! Neelsie stel ondersoek in, maar hy sien niks wat lyk na ’n deur óf ’n venster of selfs ’n voeg nie. Vroutjie sê sý dink dis Neelsie se mense van Venus wat sy naasteliefde van naderby wil beleef!
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 9
Loeloeraai en sy medetydreisigers besluit eenparig dat daar geen kulturele gesprekvoering met enigiemand in 1697 gevoer kan word nie, en besoek die Aarde in 1923. Hulle wend hulle dié keer tot ’n area oos van waar hulle voorheen was. Terwyl Neelsie en Vroutjie die Aandster sit en bewonder, sê Neelsie hy wonder of daar mense op Venus woon. Vroutjie wonder: “Ás daar mense op Venus sou wees, hoe sou hulle by óns kom, of ons by húlle?”
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 8
Cleož vertel verder waarom Loeloeraai se voorgeslagte van honderde duisende jare gelede nie van Venus na die Aarde kon vlug nie, en vra Loeloeraai of sy hom maar Loe kan noem, afgelei van Loeloeraai, soos Watwo se noemnaam afgelei is van Watwobiuš. Loeloeraai verras sy medetydreisigers met sy tegniese kennis.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 7
Kaptein Malfoř, bevelvoerder van die basistuig, Galliaštíka Ontdachím, noem Cleož ’n stuk metaal waarmee hy nie wil argumenteer nie, en sy beëindig die kommunikasiesein met die basistuig. Grůš wil haar teregwys, maar Cleož wys hom dadelik op haar regte as ’n KI-entiteit. Die chronotuig, Kronogmoš, is ingestel op die chronoverwysing 1197 in ’n gebied wat eeue later as Stellenbosch bekend sou staan. Hulle word begroet deur ’n asemrowende toneel met ’n blou oseaan en wonderlike natuurskoon. Loeloeraai vertel die hartseer verhaal van hoe sy voorgeslagte van hulle planeet, P2, moes vlug as gevolg van klimaatsverandering.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 6
Grůš Watwobiuš (alias Watwo vir sy vriende) neem Loeloeraai na die Kronogmoš waar hy die androïed, Cleož, sal ontmoet wat hulle op die sending sal vergesel. Maar eers bak Watwo en Cleož hom ’n poets waaroor hy later lekker kon lag.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 5
Op Oudtshoorn wonder Neelsie of hy en Vroutjie nie dalk ‘n bietjie met Herrie en die trem moet gaan vakansie hou so kort voor Kersfees nie. Loeloeraai is só geskok toe hy Grůš se ware identiteit uitvind en hoor van sy aandadigheid aan Maksor se bedrog, dat hy niks met Grůš te doen wil hê nie. Maar dan onthou hy dat hy sélf nie alles omtrent homself aan Grůš vertel het nie...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 4
Grůš oortuig Maksor om hom kans te gee om Loeloeraai eers goed te leer ken. Indien hy kan vasstel dat Loeloeraai nie is wie hy voorgee om te wees nie, maar ‘n agent is wat heimlik op Maksor spioeneer, sal hy persoonlik toesien dat Loeloeraai uit die weg geruim word. Grůš besoek Loeloeraai weer met die doel om hom te waarsku en om die aap uit die mou te laat, maar bedink hom ter elfder ure.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 3
Grůš Watwobiuš ontmoet L2R1 (Loeloeraai) in sy werksfeer. Hulle praat informeel oor die sending en Loeloeraai erken teenoor Grůš dat hy die Opperbevelhebber nie volkome vertrou nie. Grůš lê direk daarna weer besoek af by Maksor en waarsku hom dat die Kulturele Attaché snuf in die neus oor die sending gekry het.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 2
Kommandeur Grůš Watwobiuš van Maksor se Geheime Diens, Šukroš Dinštíka, word na die Opperbevelhebber se saal ontbied en opdrag gegee om Kulturele Attaché L2R1 te elimineer omdat hy ʼn bedreiging is vir intergalaktiese veiligheid en sekuriteit. Onbewus van hierdie gebeure in die verre toekoms, sit Neelsie en Vroutjie rustig op hulle bankie onder die eikeboom in die agterplaas van hulle huis op Oudtshoorn. Hy sê hy’s dankbaar oor die vordering wat met die taal gemaak is, soos die goedkeuring om onderrig eers op laerskool en later ook op hoërskool in Afrikaans te laat geskied.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 1
In opdrag van RSG as deel van Afrikaans 100 wat op 8 Mei 2025 die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal herdenk. Kulturele Attaché L2R1 (alias Loeloeraai) word na die saal van die Intergalaktiese Opperbevelhebber, Keiser Maksor, ontbied. Drie millennia in die verlede sit Neelsie en Vroutjie op Oudtshoorn teen skemer op ʼn bankie onder die eikeboom agter die huis en praat oor sy bydrae tot die taalstryd.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 60 (slot)
Tuis. Lauren en Susan is oudergewoonte weer besig om klippe te stapel. Hulle nooi Magda om te kom help.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 59
Deon besef wat Izel mee besig was – te laat. Albert en Izel is weg.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 58
Richard en Tanya bespreek wat om te doen oor die boek wat Izel nie meer wil laat publiseer nie. Tanya ontvang haar eerste boodskap van Izel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 57
Deon en Susan lê langs die swembad en gesels oor hulle toekoms. Hulle hoor hoe die helikopter enjins opwarm...
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 56
Dennis en Richard maak planne oor wat hulle kan doen as Izel en Albert van die skip wegvlieg. Lauren en Essie se vriendskap verdiep.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 55
Susan en Magda gesels oor wat gebeur het, en oor wat sal gebeur as hulle by Nova Sentrum terug is. Izel voer haar finale onderhoud met Tanya.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 54
Albert en Izel maak planne om te ontsnap voor hulle in Suid Afrikaanse water seil.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 53
Deon en Susan speel oop kaarte met mekaar. Deon se bekentenis oor sy verlede skok Susan, maar sy verstaan waarom hy so opgetree het.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 52
Deon en Denis spoor die vermiste oorlogwapens op, en besluit wat om met die inligting te doen.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 51
Magda, Susan, Lauren en Deon hou ‘n vergadering in die klein kapel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 50
Deon konfronteer vir Izel. Hy laat haar verstaan dat hy weet waarmee sy besig is, en vra dat sy haarself oorgee.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 49
Izel en Albert finaliseer hulle planne. Maak nie saak wat gebeur nie, hulle kom weg. Deon en Susan neem ‘n finale besluit oor wat hulle sal doen wanneer die ‘vakansie’ verby is.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 48
Deon en Dennis probeer meer uitvind oor die geheimsinnige stoorplek.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 47
By een van die vele kroeë op die SS Salacia, vier Bettie en Essie hulle vryheid, noudat JP weg is. Tanya en Richard beplan wat hulle volgende sal doen. Moet die boek nog geskryf word?
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 46
JP ontvoer vir Lauren. Susan Deon en Dennis sien hoe hy vir haar op die oopdek teen die reling gyselaar hou. Deon doen sy bes om met die woedende JP te onderhandel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 45
Deon en Dennis is op soek na JP Swart se wegkruipplek. Hulle het die nuwe skematiese plan wat die hoogs geheime deure aandui, en besef dat daar ‘n deur in Susan se stort is. ‘n Fluitjie blaas, en ‘n skoot word afgevuur!
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 44
Susan, Bettie, Magda, Lauren en Essie eet saam in die Für Elise-saal. Veiligheid, en hoe om veilig te bly, is op almal se lippe.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 43
Albert, Izel, Dennis en Deon beplan hoe hulle vir JP kan vang. Sekuriteit laat weet dat een van hulle pistole vermis word.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 42
JP breek laatnag by Izel se private kwartiere in. Hy is opsoek na madame Kyrioskie, en heel verbaas om Albert en Izel te vind.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 41
Deon en Dennis soek na JP. Die dames moet weer fluitjies en pepersproei byderhand hou. Tanya voer weer ‘n onderhoud met Izel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 40
Susan en Deon stap laatnag op die opelugdek. Albert en Dennis kom met die nuus dat JP ontsnap het. Die duiwel is weer los op die SS Salacia!
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 39
JP Swart is uiteindelik gesond genoeg om behoorlik ondervra te word.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 38
Albert en Izel maak planne. Tanya probeer uitvind waarmee Izel werklik besig is.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 37
Susan en Deon eet middagete, en deel wat hulle voel oor die gebeure van die laaste paar dae. Dennis probeer Albert oortuig dat dit belangrik is dat Izel met Deon praat.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 36
Deon en Dennis bestudeer die skematiese plan van die skip, en besluit om ‘n bietjie rond te snuffel. Hulle ontdek iets belangrik.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 35
Ná die arrestasie van JP voel Magda weer veiliger, en sy loop op die opelugdek saam met Bettie en Susan.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 34
Richard vertel vir Tanya wat gister tydens die onderhoud gebeur het. Sy sê sy vermoed Izel is weer besig met iets wat die res van hulle nie van weet nie. Lauren kuier by Susan in haar kajuit.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 33
Kaptein JP Swart word uiteindelik in hegtenis geneem, maar dinge loop skeef.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 32
Tanya voer weer ‘n onderhoud met Izel, en vind dat sy nie eintlik so ernstig is om haar storie te vertel nie. Susan en Essie gesels openlik oor Spanje en die Spanjaard.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 31
Susan, Deon en Dennis ontdek ‘n geheime deur na die kapel. Daar word besluit om Richard en Albert te vra om te help met JP se arrestasie.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 30
Susan en Deon praat openlik oor hulle alkoholisme, en hulle toekoms.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 29
Deon en Dennis ontmoet vir JP. Iets is nie reg nie. Dennis werk uit hoe om die skematiese plan van die skip te steel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 28
Essie en Lauren lê langs die swembad en skinder. Lauren bieg oor haar verlede, en wat Susan nou deurgaan. Susan kuier by Bettie en Magda, en sy kry terugvoer oor hoe dit met die ondervraging gegaan het.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 27
Deon en Dennis ondervra ‘n erg getraumatiseerde Magda. Bettie hou ‘n oog oor die gebeure.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 26
Albert en Izel maak planne oor hulle toekoms. Tanya en Richard geniet middagete, en vang op.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 25
Deon en Dennis beplan hulle volgende stappe in die plan om die boef te vang. Tanya gaan na Madame Kyrioskie se kajuit vir nog ‘n onderhoud.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 24
Richard haas hom na Susan se kamer waar hy in detail vertel word van die aanval. Susan vra Lauren en Essie om na haar kajuit te kom, en vertel hulle van die aanval.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 23
Magda klop laat in die nag aan Susan se deur: “Help my asseblief!”
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 22
Magda, Bettie en Susan is spesiale gaste van JP vir aandete. Ná ete sukkel Magda, effe dronk, om haar kajuit te vind. ‘n Groot man in ‘n hoodie wag in haar kajuit.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 21
Susan, Lauren, Bettie en Essie speel shuffleboard op die promenadedek. Bettie en Susan is op vanaand se lys van gaste vir ete by die kaptein se tafel. Essie deel ‘n groot geheim.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 20
Deon en Dennis ontmoet vir Madame Kyrioskie. Die twee speurders laat haar vinnig verstaan dat hulle weet wie sy is. Om die verkragter vas te vang, besluit hulle om tydelik vrede te maak.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 19
Deon en Dennis ontmoet vir koffie. Hulle ruil inligting uit. Albert sluit by hulle aan met ‘n belangrike boodskap van Izel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 18
Izel en Tanya ontmoet vir die eerste behoorlike onderhoud. Izel vertel stories oor haar verlede.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 17
Susan en Lauren loop vroegoggend op die promenadedek. Hulle gaan na die kapel vir ʼn programvergadering. ʼn Onverwagse gas sluit by die vergadering aan.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 16
Ná die goeie nuus, beplan Tanya en Richard hulle toekoms. Dennis kom kuier, en deel in hulle geluk oor die goeie nuus.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 15
Tanya drink tee saam met Madame Kyrioskie. Izel vra vir Tanya om nog ‘n boek oor haar te skryf.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 14
Essie kuier by Ouma, en ‘n onverwagse diep gesprek vind plaas. Albert laat weet vir Kaptein JP dat Madame Kyrioskie om drie uur ʼn spesiale gas vir tee sal ontvang. JP erken dat daar geen vordering is met die saak van die verkragter nie.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 13
Dit is Susan en Deon se eerste afspraak. Hulle deel hulle gevoelens oor wat vir beide die ergste jaar van hulle lewe was.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 12
Richard, Dennis en Tanya ontspan by die swembad. ‘n Helikopter land op die skip, en ‘n ou dame word uitgedra, en in haar rolstoel na haar privaatkajuit op die boonste dek geneem. Tanya word na Madame Kyrioskie se kajuit genooi.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 11
Deon en Susan ontmoet per ongeluk op die dek. Izel en Albert maak planne vir die verskyning van Madame Kyrioskie.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 10
Almal gaan aan boord die SS Salacia. Richard besoek Bettie, Susan en Essie in hulle kajuite. Die boot seil by Kaapstad hawe uit, en die avontuur begin.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 9
Susan en Lauren ontmoet in die tuine by Nova Sentrum. Lauren is bly dat sy wel op die seevakansie saam met Susan gaan. Hulle bou weer aan hulle klipstapel, en ‘n paar geheime word onthul.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 8
Dennis en Richard bespreek hoe hulle sal verseker dat al nege die uitgenooides aan boord gaan en veilig gehou word. Magda en Susan besluit of Lauren sterk genoeg is vir die bootreis.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 7
Dennis ontmoet vir kaptein Deon Smit by ‘n koffiewinkel. Hulle gesels oor die verlede, en beraam planne vir wat aan boord die SS Salicina sal gebeur.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 6
Tydens ʼn private sessie by Magda, erken Lauren hoe skuldig sy teenoor Susan voel. Richard en Tanya bespreek die verdubbeling van die geld, en neem ʼn besluit om aan boord die skip te gaan. Deon Smit, ʼn afgetrede polisieman, bel vir Richard.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 5
Dennis en Richard ontmoet, en gesels oor die feit dat hulle maar min kon uitvind oor Madame Kyrioskie en haar boot. Dennis bel vir Albert, en probeer om die waarheid oor die bootreis uit te vind. Albert kondig aan dat Madame Kyrioskie besluit het om die geld wat hulle op die bootreis sal verdien, te verdubbel.
Save video to ...
